Genade

Een van die slagspreuke van die Reformasie is Sola Gratia, Genade alleen. Daarmee wou die Hervormers iets sê van die feit dat ons uit genade alleen gered word, sonder enige verdienste van watter aard ookal. Dit was juis in teenstelling met die RKK wat oor die verloop van eeue ‘n werk geregtigheid opgebou het. Volgens die RKK kan jy nooit volle geloofsekerheid hê nie omdat jy nooit sal weet of jy genoeg gedoen het nie. Dit is bedoel om jou te motiveer om meer en meer te doen, om sodoende (deur die werke) jou verlossing vas te maak.

Dit het natuurlik gelei tot, wat ons noem “oortollige goeie werke”. Dit beteken dat byv. iemand soos Paulus meer gedoen het as wat nodig is, en dit wat dan “oortollig” was kan nou afgebid word op ander wat dalk “te min” het om verlos te word. As hierdie gedagte verder uitgewerk word, is dit nie moeilik om te sien dat dit tot ‘n hopeloosheid lei nie.

“Het ek ooit genoeg gedoen? Ek kan net nie nou dood gaan nie, ek het nog nie genoeg goeie werke nie” ens.

Genade wil ons kom verlos / vry maak van hierdie verslawende hopelose situasie. Die Bybel verseker ons dat ons uit genade gered word en niks anders nie. Eff 2:8-10 praat van “genade gered deur geloof”. Party wil selfs die geloof ook ‘n “goeie werk” maak, terwyl die Bybel ons leer dat ons nie kan glo sonder dat die Here dit nie bewerk in ons nie – dus ook nie uit onsself nie.

Ons kan NIKS doen om enigsens by te dra tot ons verlossing nie. Jak 2:10-14 sê dat as ons 1 sonde gedoen het, is ons skuldig aand die hele wet (onthou ook dat die 10 gebooie opgesom word in 2 gebooie nl. liefde tot God en liefde tot die naaste). ‘n Mens kan dus nie 6/10 of iets dergeliks kry nie; dis alles of niks. Vervolgens leer Eks 34:17 ons dat God sonde moet straf, en Rom 6 leer ons dat die loon van die sonde die ewige dood is. Dus: al wat ons verdien is die ewige dood, omdat ons onsself daagliks vang sonde doen.

So wat maak dat ons nié die ewige dood kry nie? GENADE. Omdat ons niks kan bydra nie; selfs ons beste bedoelings is deurspek met sonde, is dit net Jesus Christus se dood aan die kruis wat maak dat ons wel die ewige lewe kan hê. Hy het dit vir ons gedoen nie nadat ons eers “goed” geword nie, maar toe ons nog in sonde voortgeleef het; m.a.w., terwyl ons Hom nog gehaat het en nog niks gedoen het om enigiets te verdein nie, toe reeds het Hy vir ons sondes gesterf en dit tot ons beskikking gestel. Toe ons nog sondaars was, het Hy ons reeds lief gehad.

‘n Wonderlike voorbeeld van genade is die verhaal van Dawid en Mefiboset (2 Sam 9). Dawid wil jare later as koning, ‘n guns aan sy ou vriend Jonatan bewys en vra: “Is daar iemand van Jonatan se familie wat oorgebly het?”. Die paleiswag antwoord niemand nie, maar as ‘n nagedagte onthou skielik van ‘n kreupele. Om ‘n lang storie kort te maak, Dawid laat hom roep en van toe af sit Mefiboset aan die koning se tafel. Hy is kreupel en het géén waarde vir die Koning nie, maar bloot uit genade ontferm Dawid hom oor Mefiboset en deel Mefiboset aan alle voorregte van die Koning, sonder om iets te kon doen of voortaan te doen.

Die teendeel van genade is wettisisme. Wettisisme is duidelik. Daar is ‘n stel reëls, ‘n lys van moets en moenies waaraan jy moet voldoen. Indien wel, kry jy wat die beloning is en indien nie, kry jy die straf wat daarmee saamgaan. Dit word toegepas vanuit ‘n veroordelende houding. Niks is onduidelik nie en jy weet presies waar jy staan. Geen grysgebiede nie. Genade daarenteen, is sonder verdienste.

Is dit nie ‘n risiko nie? Wel, die Romeine het dieselfde vraag vir Paulus gevra in Rom 6. Dit is! En interressant genoeg, Charles Swindoll (Grace Awakening, p52) maak ‘n geldige opmerking hieroor as hy sê dat die toets vir ware genadeverkondiging vs wettiese verkondiging is juis die risiko dat dit verkeerd opgeneem kan word. M.a.w., genadeverkondiging “klink” asof ‘n mens maar kan voortgaan in die sonde (Rom 6:1 ev.). Dit is natuurlik nie waar nie, maar dis hoe dit klink, want ons word nie gered deur hoe goed ons doen of hoe “oulik” ons geword het nie. Ons word gered deur Jesus Christus. Die “goed” doen volg as ‘n resultaat, nie as ‘n voorwaarde nie.

Maar is dit dan nie goedkoop genade nie? Nee, want goedkoop genade verklaar die SONDE reg i.p.v. die sondaar terwyl genade verklaar die sondaar regverdig voor God. Voorbeeld: goedkoop genade sal wees om te sê dat egbreuk is “OK”. Genade sê die persoon wat dit pleeg is voor God “OK” (soos die prostituut voor Jesus) – gaan dan nou en moenie verder sondig nie. Natuurlik moet ons nie in ons sonde voortlewe en vrede daarmee maak nie, maar ons hoef ook nie in vrees te lewe asof elke sonde ons uit die ewige lewe gaan ruk nie (Joh 1:12; Joh 3:16; Joh 6:47; 1 Joh 5:13 ens).

Martin Luther het ‘n goeie balans gestel: “Jy moet die Here jou God met jou hele hart liefhê, … doen dan wat jy wil.” Die eerste gedeelte is die beperking, die tweede die genade. As jy Hom liefhet soos jy moet, dan sal jy nie “mors” met die genade en kies om in sonde voort te lewe nie. En tog gebeur dit, maar later hieroor…

Genade maak ons dus vry. Wettisisme bind ons aan ‘n stel reëls. Volgende keer iets oor maniere om nie ons vryheid te misbruik of met genade te mors nie.

***

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s