Seks voor die Huwelik ?!

Aktuele Sake

Ons het gisteraand gepraat oor 4 aktuele sake, soos julle versoek het. Oor een saak wil ek net alle onsekerheid verwyder!

Na die tyd het iemand gesê: “So oom het gesê voor-huwelikse seks is OK.”

Net vir die rekords. Dis NIE OK NIE. Ek’t wel gesê dis ‘n moeilike vraag omdat die Bybel nêrens ‘n vers (Moses 3:3 :->) het wat sê: “Jy mag nie voor die huwelik seks hê nie.” Daarom moet ons uit die hele Bybel aflei wat God sê oor die huwelik en verhoudings. Verder verskil die samelewing en kulturele omgewing van die Bybelse tyd en vandag, wat maak dat ons die Bybelse gegewens moet interpreteer.

Dus, ek sien dit so: Voor-huwelikse seks is nie God se plan vir jou verhouding nie, m.a.w. ‘n sonde, soos al die ander sondes. Dit val onder dieselfde kategorie van “egbreuk” pleeg. Al is jy nie getroud nie, pleeg jy egbreuk deurdat jy voorregte geniet wat vir die “eg” bedoel is sonder dat jy “in die eg verbind” is.

Tweedens, dis nie die moeite werd om ‘n kortstondige “plesier” te neem met lewenslange emosionele (en selfs fisieke) konsekwensies nie. Talle navorsing is al gedoen oor die onderwerp (Silver Ring Thing ens.) .

Dit is die moeite werd om te wag! “Trust me,” ek was al daar!

***

3 responses to “Seks voor die Huwelik ?!

  1. Pingback: Voorhuwelikse Seks: Hoe vêr is te vêr « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s