Mosambiek Uitreik 2007

Moz uitreik 2007 was 200% meer bevredigend as verlede jaar en baie geseënd! Ant*** reken dat die gemeente se gebedsbetrokkenheid moet die eer daarvoor kry!

Projekte:
Ek dink die skuif na “praktiese dienswerk” was ‘n uitstekende skuif wat ons gemaak het omdat dit mense se lewens verander (Maslow se behoefte-hiërargie, ). Die jongmense was vir my ook meer aktief betrokke as laas jaar, waar hulle meerendeels “toeskouers” was van wat gebeur het (wys van Jesus film).

Voorstelle:

  1. Stranddiens was nie vir my die moeite werd nie. Andr#%@ het ‘n goeie opmerking gemaak: dit bedien mense wat weekliks bedien word in hul eie gemeentes en, in ‘n sekere sin, juis nie “kerk” bywoon nie a.g.v. vakansie atmosfeer (miskien verklaar dit ook eerste sondag se bywoning).
  2. Meer dienswerk by die plaaslike laerskool(e).
  3. Teater is ‘n unieke geeentheid maar tydrowend en duur. Miskien moet ons besin oor die sinvolheid daarvan. ‘n Alternatief is om die teater vir 1 dag te huur en dit dan maksimaal benut deur byv meer as 1 vertoning te gee met ordentlike evangelisasie / prediking, die jeug toneel (wat nie die jaar opgevoer is nie!) ens, eerder as 4 dae se wys, oppak en terug jaag omdat ons moeg is na die dag se aktiwiteite.
  4. Jesus-film: Ek het al verlede jaar twyfel gehad of dit nog sinvol is (na 4+ jaar se vertoning van dieselfde film). Ek meen dat die Jesus-film by die skool in die aand afgestel moet word. Dit kan liewer vervang word met meer intensiewe dienswerk en ‘n boodskap in die dag wanneer die kinders daar is. Dalk kan ons liewer traktaatjies of BOH (in die dag!, in die klasse) uitdeel as die Jesus-film.

Groep:
Was ‘n baie lekker groep t.s.v. laaste “hickup”; goeie samewerking met minimale spanning. Elke ou het himself verbind tot waartoe hy/sy belangstelling/gawe lê. “That’s the way to go”.

Voorstelle:

  1. Kom ons begin met ‘n “Inligtingsbrosjure” waarin ons byv. al die “core” beginsel van die uitreik uitspel, soos byv. groeps-deelname, begin en eindig in WR, ry saam as groep ens. Sodoende kan ons dit vir voornemende groeplede gee om hul daaraan te verbind. As dit moontlik is, moet ‘n “keuring” ook oorweeg word om moontlike groepspanning te verhoed (groep spanning werk baie negatief in op die jongmense wat dit baie vinnig optel).
  2. Volwassenes wat ry moet verantwoordelikheid neem vir die tieners wat saam met hulle ry. Ons ry met ander mense se kinders in ons sorg! Dit beteken veilige ry toestande (gordel vir elkeen), ens. Ons het dit nog nie gehad nie, maar miskien moet ons voortaan 1 sitplek per kar oop laat indien ons ‘n situasie het waar iemand weens ‘n nood geval vroeër moet huis toe gaan (of soos die jaar, ry probleme opduik), en so ‘n kar se jongmense dan in ander karre moet ry. Ek is nie gemaklik met die “oorlaai” van karre nie. Miskien moet ons rêrig begin bid en die Here vertrou vir ‘n VW Synchro (4 x 4) bussie of so iets.
  3. Sommige groeplede het gereken die groep is te groot. Dit was nie vir my ‘n probleem nie.

Program:
Hierdie jaar was die program goed gebalanseerd. Die jongmense het die 2 “af dae” (sat / son) baie geniet. Dit was goeie “battery laai” vir die week se werk wat voorlê. Ons moet daarmee voortgaan. Ook die dag-program was sinvol met geleentheid vir “chill” wat noodsaaklik is vir sosiale-ontwikkeling van die jongmense. Hou so aan!

Voorstelle:

  1. Die jongmense reken die 2 etes werk nie. ‘n Voorstel van een van die Swadini groep was nogal sinvol nl. self-help boks pap in die oggend vir ontbyt, stewige middag-ete (ons huidige brunch formaat) rondom 1 uur en dan aandete nader aan aandete se tyd. Met die voorstel rondom die teater sal dit dan ook meer moontlik wees.
  2. Die einde van die program moet so wees dat ons 2 dae gegun word vir ry (vry. pak, sat. ry, so. vet indien probleme, of klere was as voorspoedig was). M.a.w. ons moet probeer om ‘n situasie soos die jaar te verhoed waar iemand moes later bly. My sondag was vol skoon maak ens. As ek eers So aand by die huis gekom het …? Dit sal onnodige ry probleme ook uitskakel.
  3. Al was daar goeie bywoning by die erediens die laaste sondag, het baie logistieke probleme veroorsaak. Wil ons dit so doen in die lig van Andr*** se opmerkings? Oop vir bespreking.
  4. Ek hoor die behoefte vir langer, maar verlof is ‘n wesenlike probleem. Langer kan dalk ook ‘n situasie gee van “uigekuier” raak. Dis tans lank genoeg vir gefokusde werk, kort genoeg voor ergerlike spanning opduik (die jaar s’n was uniek en sou andersins vermy gewees het).

Lewer gerus kommentaar.

***

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s