Intepretasie van die OT

Afskrif van ‘n Brief aan Laevelder gestuur in 2007

 Ek verwys na die bydra in in Die Laevelder van 27 April 2007, “Can I get a Mexican?”.  Ek wil nie by die debat or homoseksualiteit betrokke raak nie, maar wel by die interpretasie van die Ou Testament, soos dit aangehaal is in bogenoemde bydrae, in die nou al bekende verwysings na Lev 1:9, Eks 21:7, Lev 15:19-24, Lev 25:44, Eks 35:2, Lev 11:10, Lev 21:20, Lev 11:6-8, Lev 19:9 en Lev 24:10-16.
 
Sulke verwysings is dalk snaaks, maar maak eintlik ‘n bespotting van die Ou Testament as ‘n irrelevante geskrif vir die 21ste eeu.  Hierdie verwysings bewys presies die rede waarom die Ou Testament binne sy konteks gelees moet word.  Net 1 voorbeeld: Eks 21:7 eis nie dat ‘n man sy dogter as slavin verkoop nie.  Dit gaan egter eerder oor reëlings wanneer sy vrygelaat word.  Die konteks help om die gedeelte te verstaan.
 
Wanneer van “konteks” gepraat word, is daar onmiddellik die beswaar dat ‘n mens die Bybel “weg verklaar” en van sy gesag beroof.  Die teendeel is eerder waar.  Deur die Ou Testament in konteks te lees en te verstaan, verhoog juis die relevansie van die Ou Testament want deur die korrekte interpretasie maak sulke verwysings, soos deur die briefskrywer gebruik, sin. 
 
Tweedens moet nie vergeet word dat die Ou Testament geskryf is aan ‘n spesifieke volk in ‘n tydvak voor Christus nie.  Weereens water dit nie die woorde van die Ou Testament af nie maar verduidelik dit sodat die werklike boodskap daaruit duidelik word.  Sodoende word die gesag daarvan juis verhoog.  Christus se koms het die Ou Testament nie gekanselleer nie, maar die streng wettiese voorsrkifte, soos dié waarna gereeld verwys word in die homoseksualiteit debat, vervul.  Christus het kom wys dat die gees/bedoeling steeds geldig is om medemenslikheid en saam leef te bevorder, maar dat die presiese letterlike nakoming daarvan nie meer van toepassing is nie omdat Hy die hele wet deur sy lewe en sterwe kom vervul het.  Die nakoming daarvan gaan nie mense met God versoen nie (dit is nie in staat daartoe nie), maar Christus versoen ons met God.
 
Die derde belangrike punt in hierdie gesprek is dat die Levitiese wette en God se toorn oor homoseksualiteit tog duidelik nie op dieselfde vlak is nie.  Die Levitiese wette is maatreels wat gegee is aan ‘n volk in ‘n nuwe tydvak van hulle bestaan – hulle het pas die beloofde land ingeneem.  Die verwysing na homoseksualiteit is nie ‘n wet (soos in Levitikus) nie, maar ‘n vertelling van God se woede oor dit wat in Sodom in Gomorra gebeur het.  Daar is ook Nuwe Testamentiese verwysings na homoseksualiteit, maar geen Nuwe Testamentiese verwysing na die moontlikheid om my dogter as slavin te verkoop, of my buurman wat gras sny op sondae, dood te maak nie.
 
Ek wil dus pleit dat ons verantwoordelik met die Bybel en interpretasie sal omgaan en onsself daarvan sal weerhou van “Bible Bashing” – om ander te “slaan met die Woord”.  
 
Groete

4 responses to “Intepretasie van die OT

  1. Jy is nie eerlik oor wat in Sodom gebeur het nie. Wat het daar gebeur? Een van die allergruwelikste verkragting van ‘n vrou!!!

    So kom ons kyk na die waarheid en die “konteks”

    ‘n Bende rowers dring daarop aan dat Lot twee mans wat by hom kuier aan hulle oorhandig, sodat hulle gemeenskap kan he met hulle. Lot dink: Nee net nie dit nie!

    Wat doen hy? Een van die grootste gruwels in die bybel van patriargale mag vind plaas. Hy bied sy eie dogters aan die mans, en verklaar: hulle is maagde, hy maak dit njammies vir hulle.

    Kan jy dit glo.
    Oja en toe op sy oudag is, toe slaap hy by sommer self by hulle. En was glo dronk pleit hy. Dit is die verhaal van sodom en gamorra. Dit het niks met homoseksualiteit te doen nie.

    Like

  2. Terug pieng: Fundamentalisme – grootste bedreiging vir die kerk. Regtig? « ekke dink

  3. Terug pieng: Bybel Interpretasie – Al weer « ekke dink

Lewer kommentaar