Belydenisskrif getrouheid !?

Brief geskryf aan die Beeld en die Kerkbode rondom die NGK en VGK se gesprekke oor eenheid en die Belhar belydenis.

Die Redakteur

Noudat die belydenisskrife van die kerk op die tafel van die NG kerk is a.g.v. die eenheidsgesprek met die VGK en dié kerk se aandrang op die aanvaarding van die Belhar belydenis, vind ek die gesprek rondom die belydenisskrifte verblydend dog ook vreemd.

Verblydend omdat ons ‘n belydeniskerk is. Deur die belydenisskrifte gee ons identiteit aan ons gereformeerdheid.

Aan die ander kant vreemd omdat daar ook so min van die belydenisskrifte tot hul reg kom in die kerk. Ek noem graag ‘n paar voorbeelde:

  • Die HK sê dat my enigste troos is dat ek aan Jesus Christus behoort (Vr & Antw 1). Talle lidmate vind hul enigste troos in materialisme, in materiële welvaart en aardse sekuriteite.
  • Die HK sê dat ons Christene genoem word omdat ons aan Jesus Christus behoort sodat ons konings, priesters en profete in hierdie wereld kan wees (Vr & Antw 32). Talle lidmate word christene genoem omdat hlle in ‘n christelike huis groot geword het sodat hulle in die kerk kan trou, hul kinders kan doop, huis- en siekebesoek kan kry en uiteindelik uit die kerk begrawe kan word.
  • Die HK sê dat ons nie in toeval glo nie omdat God ‘n dinamiese God is wat deurentyd bewus is van ons doen en late, soveel so dat geen haar van ons kop sal afval waarvan God nie bewus is nie. Talle lidmate glo dat baie dinge in ons lewe gebeur deur toeval of geluk.
  • Die NGB sê dat die kenmerke waaraan ons die ware kerk kan uitken, is die suiwere verkondiging van die evangelie, die suiwer bediening van die sakramente en die toepassing van die kerlike tug (Art 29). Uit die briewe kolomme oor die onlangse besluite van die Algemene Sinode voel talle lidmate dat die Woord nie meer so suiwer verkondig word nie. En so voel talle ander oor die sakramente. En o wee, die tug. Natuurlik vind daar selftug en Woordtug plaas, maar gemeentes word selde opgeroep om kerklike tug toe te pas. Dit sou wonderlik wees as ons kon getuig dat dit is omdat dit nie nodig is nie, maar ongelukkig is daar talle lidmate wat maar alte bewus is van gruwelike openbare sondes wat onder ons midde plaasvind sondar dat ‘n woord daaroor gerep word nie.

En dan is daar nog die Dordtse Leerreëls en die uitverkiesing wat ook in berekening gebring moet word.

Weliswaar is daar in die belydenissskrifte sake en teksverwysings waaroor ons vandag met mekaar in gesprek sou kon tree. Daarom is dit belangrik dat ons nie die belydenisskrifte as kanon beskou nie. En juis daarom is dit ook belangrik dat ons oop moet wees om te herformuleer, en selfs bereid moet wees om ‘n eietydse belydenis op te stel, een wat nie teenoor die 3 Formuliere van Eenheid staan nie, maar dit juis aanvul vir ‘n nuwe tyd. En dan word die gesprek rondom Belhar natuurlik heeltemal relevant.

Ons kan nie die Belhar belydenis verwerp op grond van die feit dat ons getrou aan die 3 Formuliere van Eenheid is, maar niemand weet eens meer wat die 3 Formuliere is of wat die inhoud daarvan is nie, en d it word nie meer geleer en gepreek nie.

Kom ons wees dus konsekwent: Of ons staan en val by die 3 Formuliere van Eenheid, of ons erken dat daar nie tot in ewigheid klaar geformuleer is nie, en ons maak ruimte vir her-formulerings en byvoegings. Maar kom ons staan en val wél by die Woord, as die enigste gesagvolle Woord van God!

***

One response to “Belydenisskrif getrouheid !?

  1. Pingback: die belhar belydenis « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s