Brief – Laevelder

Gelowiges moet eerder hande vat
 
5/27/2004 1:17:00 PM
Ek reageer graag op die brief van Wieko Waldemar in Vrydag 14 Mei se Laevelder. Vergun my enkele opmerkings oor die skrywer se aanval op die NG-kerk in “Leser gee sy mening oor die doop”.

Dit is jammer dat die doop weereens `n saak is wat verdeeldheid saai onder mense. Ek het dan gedink ons as Christene in Suid-Afrika het nou al “groot” geword en dat daar ander sake is wat eerder aandag moet kry as gesprekke en verdeeldheid oor die doop.

Interressant dat die Hebreër-skrywer die sake soos die doop, as sake beskou wat nog by mense pas wat “onervare in die woord van geregtigheid” is en nog “melkkos” eet (Heb.5:12-6:2). Sake soos God se barm-hartigheid teenoor mense, soos dat ons die evangelie moet verkondig aan alle mense, soos die eis om onreg uit te roei in die samelewing, is sake wat eerder aangespreek moet word. Nou val ons weereens vas oor twisgesprekke oor die doop en maak ons die Christendom bespotlik vir die wêreld.

Die skrywer suggereer dat die NG-kerk met sy leer oor die kinderdoop dalk `n vals kerk kan wees (skrywer se verwysing na Gamaliël in Hand.5 en Mark.7:7). Ek lees egter dat die maatstaf waarmee `n kerk geoordeel word of dit waar of vals is, is of Jesus Christus as God se Seun en Verlosser verkondig word. Ek kan met eerlikheid sê dat ek as leraar nog nooit enigiets anders verkondig het as die opgestane en verheerlikte Jesus Christus as Verlosser nie. En ja, dit sluit die opstanding van Jesus in!

Ek is ook oortuig daarvan dat dit die geval is in 99% van die NG-gemeentes. Dit is in elk geval waar ten opsigte van die amptelike uitsprake en belydenisskrifte van dié kerk. Ek glo dus met my hele hart dat die NG-kerk `n ware kerk van Jesus Christus is.

As ons egter na die grondwaarhede van ons geloof terugkeer, moet ons kyk na verlossing en die kern van die Bybelse boodskap. Die kern van dié boodskap is God se liefdevolle handelinge met die mens.

Oor God se onpeilbare liefde vir die mens lees ons reeds vanaf die eerste bladsy van die Bybel. Uiteindelik gee God self die oplossing vir ons sondelas deurdat Jesus daarvoor kom sterf. Oor die eeue heen het mense dikwels plustekens by Jesus se verlossing bygesit.

Verskillende voorbeelde van verlossing is: Jesus plus geld, kerkbywoning, wettissisme, kinder/groot doop, volksverband, taal, wat gesing word ensovoorts.

Ons kan natuurlik enigiets byvoeg, maar die punt is dat verlossing slégs Jesus Christus is. Geen plusse nie.

Die oomblik wanneer ons `n plus byvoeg, ontneem ons natuurlik Jesus se volkomendheid as offer vir ons sonde. Waaroor behoort dit dus te gaan?

Die verkondiging van die blye evangelie van Jesus se offer as verlossing van ons sonde. Leerstellinge soos die doop, of die nagmaal en wie daaraan mag deelneem ensovoorts, vorm myns insiens nié die kern van die Bybelse boodskap nie en verander dus nie aan die feit of ek verlos is of nie.

As dit doop sou wees, en dan `n spesifieke doop met `n spesifieke hoeveelheid water, dan sou die man langs Jesus aan die kruis egter uitvind dat hy toe nié saam met Jesus in die paradys is nie.

Die doop, groot sowel as klein, is `n teken wat God vir ons gee om ons swakheid en kleingeloof tegemoet te kom. Dit voeg niks by by Jesus as Verlosser nie.

Op die Regterstoel gaan God nie vra wie is hoe gedoop nie, maar of Jesus as Verlosser aanvaar is. Ek sou dus eerder wou sien dat gelowiges hande moet vat, verdeeldhede en rusies oor “melkkos-sake” los – want dit is sonde (Gal. 5:19-21) – en meewerk aan die koms van die Koninkryk van God in hierdie land.

So sal ons meewerk aan die verhoring van Jesus se gebed in Joh.17:11, 21: “Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees. …

Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.”

29 responses to “Brief – Laevelder

  1. Die rede hoekom die nie nodig was vir die man wat saam met Jesus gekruisig was om gedoop te word nie is soos volg. Hy het nog onder die ou testament bedeling geval.(selfde as byvoorbeeld Moses, lees asb Heb 11 ) hy het geglo en dit is op grond daarvan dat hy gered was. Nog ‘n rede Jesus was ook nog nie deur die Vader verheerlik nie maw sy Koningkryk was nog in die toekoms. (Hand 2.33) Die groot doop word gesien as die daad waarmee ons ons met Jesus se dood vereenselwig lees asb Col 2:12-14. Onthou dat na die ontstaan van die kerk in Hand 2 met die uitstorting van die Heilige Gees val ons onder die nuwe verbond. Ek sal dit graag verder met jou wil bespreek om jou opinie te hoor. Kontak my asb by bogenoemde epos.

    Groete in Jesus Christus

    Marthinus

    Like

  2. Nog iets wat kommerwekkend is dat jy die volgende stelling maak “Op die Regterstoel gaan God nie vra wie is hoe gedoop nie, maar of Jesus as Verlosser aanvaar is.” Dit is juis dmv die doop wat on Jesus as ons verlosser aanvaar. Die groot doop is ook tot die vergewing van sondes lees Hand 2:38 (gebruik asb die 1933 vertaling van Afrikaanse Bybel dit is die naaste aan die oorspronklike Griekse teks) Sien ook Mrk 16:16, Ons word juis gedoop omdat ons glo. As on se ons hoef net te glo dan vra ek myself die vraag teen watter tydstip van my geloof word ek gered, onthou die duiwel en baie mense wat ook in God glo is defnitief nie gered nie. Onthou groot doop en geloof gaan hand aan hand, doop sonder geloof lei tot niks (bv klein doop) en geloof sonder doop ly ook tot niks. Twee punte van ‘n kontinuum. Onthou die doop is een van die optdragte van Jesus Mat28:19. Lees dan ook 2Johannes9 “Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.” Lees ook Titus 3:4-5 Hoe verstaan jy die volgende woorde “Die Bad van wedergeboorte” vers 5. Sien ook 1Petrus 3:21 “waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus” Hoe moeilik is dit om die skrif te verstaan dit is “melkkos-sake”.

    Groete in Jesus Christus

    marthinus

    Like

  3. Marthinus 1 – Die nuwe verbond het begin met die koms van Jesus, nie eers in Hand 2 nie. Die man langs Jesus aan die kruis het dus reeds in die nuwe verbond geval. Maar nietemin in watter verbond, die punt is dat hy JESUS aanvaar het as die Messias (as sy regverdigmaking) en nie enige ander mensegemaakte poging om self regverdigmaking nie. Ons word enkel en alleen deur Jesus se soenverdienste gered, nie deur Sy wonderwerke, die nagmaal of die doop nie. Redding is Jesus, nie Jesus + (lidmaatskap, nakoming van reels, kultuur, dankoffer, doop, of watter ander “+” ookal) nie. Sola Fide, Sola Gratia, Sola Christus!

    Marthinus 2 – Ek stem nie saam dat ons Jesus aanvaar d.m.v die doop nie. Ek aanvaar Jesus deur ‘n innerlike harts- en verstands verandering en keuse van Hom as Verlosser / Messias.

    Verder, Jesus vergeef sondes, nie die doop vergeef sondes nie. Ons word nie gedoop omdat ons glo nie, ons word gedoop omdat God ons so lief het dat Hy ons wil insluit in Sy verbond. God het die inisiatief geneem. Abraham het selfs geslaap toe die verbond met Hom gesluit is.

    Watter tydstip word ek gered?” Wanneer jy Jesus aanvaar het as jou Saligmaker. Die duiwel se “glo” is wesenlik anders (leër) as “saligmakende” geloof (ek haat dit dat ons altyd woorde moet kwalifiseer!)

    Ek hoop nie ek en jy is met ‘n groot vs klein doop gesprek hier besig nie want dan is dit presies waarmee ek nie saamstem nie – om oor sulke sake die Christendom te verdeel!

    Doop sonder geloof lei tot niks (bv klein doop)…” Jy sien, dis presies waarteen ek dit het. Wie gee jou (julle) die reg om te reken dat as ek waaragtig glo en lewe in navolging van Jesus, en klein gedoop is, dat my lewe en geloof “tot niks loop nie“. Dis presies op dié punt dat ek ‘n baie groter en genadiger Godsbegrip het. Die doop is inderdaad een van die opdragte van Jesus, so ook liefde, so ook dat jy nie mag oordeel nie ens.

    Ter afsluiting: Die ’53 vertaling (OAB) is nader aan die oorspronklike, maar so naby dat dit konteksloos en in baie gevalle, onverstaanbaar vertaal is. Waarskynlik omdat dit uit die Staten Bybel vertaal is. In die proses het die Woord dus ook sy krag verloor. Die nuwe vertaling het terug Grieks en Hebreeus toe gegaan en het interpretatief vertaal. Ja, daar is verskille in interpretasie, maar daarvoor het jy mos ekstra Bybels en hulpmiddels om te help. Dit sal ALTYD so wees wanneer boeke vanuit ‘n oorspronklike taal vertaal moet word. Ons is eenvoudig nie Hebreërs en/of Jode/Grieke nie. Ons verstaan nie van nature die humor, gesegdes, idiome ens nie. Maar dit beteken nie dat ons nie ‘n duidelike beeld kan ontwikkel van wat God vir ons wou sê in Sy Woord nie. Dus lees ek ook die nuutste Lewende Vertaling en gaan ek dikwels terug na die oorspronklike tale. Maar ek het geen probleem om die ’83 vertaling (NAB) vir my kinders te gee om God te leer ken en te ontmoet nie. Daar’s geen kettery in die NAB nie. Ek het al vir hulle uit die OAB gelees; onverstaanbaar. Moenie vergeet nie dat die Heilige Gees die Woord van God (dus ook die geskrewe Woord) verhelder en lewendig maak (ja ook die OAB)!

    Like

  4. Hi Swartwitpens

    My antwoord

    “Doop sonder geloof lei tot niks (bv klein doop)…” Jy sien, dis presies waarteen ek dit het. Wie gee jou (julle) die reg om te reken dat as ek waaragtig glo en lewe in navolging van Jesus, en klein gedoop is, dat my lewe en geloof “tot niks loop nie“. Dis presies op dié punt dat ek ‘n baie groter en genadiger Godsbegrip het. Die doop is inderdaad een van die opdragte van Jesus, so ook liefde, so ook dat jy nie mag oordeel nie ens.”

    Ek is jammer dat jy my misverstaan het ek het nie jou persoonlik of jou geloof in Jesus probeer oordeel nie. Al wat ek se is dat ons die woord alleen as outoriteit moet gebruik en Jesus se opdrag was dat ons gedoop moet word (Klein doop is nerens in die Bybel nie ek weet mens kan seker afleidings of interpretasies maak, maar dan raak dit menslike leerstelings en ons weet wat Jesus daaroor se). As ons Jesus werklik met ons hele hart wil dien Lees asb die volgende Joh 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie. (commandments in Engelse bybel)
    Joh 14:16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:

    hoekom is dit dan so moeilik om gedoop te word dit is immers een van Jesus se gebooie. Ons ontvang ook die gawe van die Heilige Gees waneer ons gedoop word (lees Hnd 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.) Lees ook Tit 3:5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees

    Die klem le veral op “nie op grond van werke van geregtigheid nie” en “bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees
    ” Kan jy asb vir my verduidelik hoe jy hierdie twee verse interpreteer ek kan nog hele paar ander verse aanhaal wat groot doop met die vergewing van sondes en vernuwing dmv die Heilige Gees vereenselwig. Onthou net dit ek het my besluit om groot gedoop te word uitsluitlik gemaak op wat die Bybel in eenvoudige taal vir ons se om te doen, en ek het met liefde, neederigheid en eerbied my Skepper gehoorsaam, want dit is al wat hy van my vra LIEFDE, GEHOORSAAMHEID en EERBIED. Gee jy gehoor aan die Bybel of gee jy gehoor aan Calvin of Martin Luther se leerstellings onhou dit is jou besluit, maar onhou waneer die oordeelsdag kom staan jy alleen voor God. Omtrend jou opmerkings oor die OAB, ongelukkig weer eens wil ek dinge so na moontlik aan die oorspronklike hou en wegbly van interpratiewe vertalings, die Jehova Getuies gebruik ook ‘n interpratiewe vertaling wat hulle doktrienes en leerstelings versterk. Kyk na Hnd 2:38 in beide die OAB en NAB dit se nie dieselfde nie, Tit 3:4-5 in die NAB is ‘n skryende skande die konteks is totaal verander. Die Jehova Getuies se Nuwe Wereld Vertaling is nader aan die oorspronklike teks (Hulle het die Wescott en Hort Text vir hulle vertaling gebruik. Die vertalers van die NAB het jou integriteit misbruik en is besig om jou ‘n rat voor die oe te draai. Ek hoop regtig dat jy die skrifte sal vergelyk, gebruik ook ‘n Griekse Interliniear (Majority Text, Texus Receptus en Nesle Alantd Text) om tot ‘n vergelyk te kom. As jy nie die gevaar van interpratiewe vertalings kan insien nie moet jy jou huiswerk gaan doen.

    Hoor graag weer van jou. my epos is marthinus@photom.co.za

    Groete in Jesus Christus

    Marthinus

    Like

  5. Hi Swartwitpens

    Lees die volgende teks: 2Pe 3:14 Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.
    2Pe 3:15 En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het,
    2Pe 3:16 net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.
    2Pe 3:17 Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.
    2Pe 3:18 Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.

    Marthinus

    Like

  6. Hi Swartwitpens

    Omtrend die nuwe verbond lees asb die volgende woorde van Jesus. Mat 26:28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.

    Die Engelse NASV en KJV Bybel vertalings, vertaal nuwe testament met die woord covenant.

    Martinus

    Like

  7. Hallo Marthinus

    Ek het al so baie in my lewe oor die groot vs klein doop gepraat, dat ek regtig nie meer lus het om dit verder te voer nie. Soos ek in my oorspronklike brief gesê het – vir my is dit ‘n “melkkos-onderwerp”.

    Klein doop is inderdaad nêrens in die Bybel nie, maar die verbond wel. Dis net logies dat as God met 7-dae oue babas ‘n verbond gesluit het, hy ook met my kinders ‘n verbond wil sluit. Die doop is teken van God se verbond, nie soos ek uit jou skrywes aflei, vergewing van sondes nie.

    Jy kan nie sê dat ons nie moet interpreteer nie. Die hele Bybel is interpretatiewe verstaan van God se boodskap. As dit nie daarvoor is nie, dan kan ek my dogter as ‘n slavin verkoop (letterlike gehoorsaamheid aan Lev), of my buurman dood maak as hy weer gras op ‘n sondag sny. Dit grens aan die belaglike! Deur interpretatiewe lees van die Bybel beroof ons nie die Woord van God se krag nie, ons maak dit juis meer kragtig, want nou spreek selfs Lev tot ons vandag. Ek gebruik INDERDAAD die Woord as outoritêre laaste gesag in my lewe. As jy my beter sou ken, sou jy deeglik hiervan bewus gewees het.

    Die kinderdoop is NIE ‘n menslike instelling nie. Natuurlik is nuwe gelowiges in die NT gedoop, dit was ‘n nuwe verbond; ‘n nuwe tydvak. Maar die NT se 2de en 3de geslag christene het weliswaar hulle kinders gedoop (… en hy en sy hele gesin is gedoop!). Want God sluit kinders in. Ek sê beslis nie soos die Geref Kerk dat almal wat gedoop is gered word nie. Jy moet dit nog waar maak, bevestig deur jou persoonlike keuse (dis waar ons (NGK) geloofsbelydenis in kom, MITS dit reg gedoen word en nie soos dit ontwikkel het in die NG kerk nie). Eintlik is die ware geloosbelydenis dan dieselfde as die groot doop by ander.

    Nee, ons ontvang nie die gawes van die Gees as ons gedoop word nie. Ons ontvang die Drie-Enige God as ons Jesus aanvaar as ons Verlosser. En daarmee ontvangs ons die gawes van die Gees. Dis tog nie 3 afsonderlike wesens nie, maar juis Drie-Enig!

    As jy jouself gedoop het is dit reg so. Ek het nie ‘n probleem daarmee nie My broer het dit ook gedoen. Ek het egter geen begeerte om weer gedoop te word nie. Ek het die doop in my lewe reeds bevestig deur my persoonlike keuse om Jesus te aanvaar as my Messias! En ek het geen geloofskrisis hiermee nie. Inteendeel, dis my troos dat ek gedoop is! Ek het nie ‘n saak met Calvyn of Luther nie. Ek lees en luister na die Bybel. Ek erken egter hulle rol wat hulle gespeel het om die doktrines te verklaar, en ons los te maak van die greep wat die RKK op geloof gehad het. So ook erken ek moderne teoloë wat eerlik en opreg Teologie verdudelik het in dogmatiek en etiek. Ek het baie geleer uit die die teoloë by wie ek klas gehad het (en gelukkig was dit nie die moderne teoloë waarvan ons vandag op die kweekskole hoor nie).

    Oor die OAB vs die NAB (en selfs ander Bybels). Ek geniet die NAB en hoor God se stem “loud en clear” daarin. Soos ek reeds gesê het, ek gaan dikwels terug na die oorspronklike tale (ek is bevoorreg om Grieks en Hebreeus as verligte vakke te gehad het).

    Ons verwerping van die Jehovas is beslis nie maar net oor die “nterpretatiewe bybel” nie. Ek het genoeg huiswerk gedoen en laat my verder lei deur die oortuiging van die HG, en beslis nie meer deur mense nie, nie NAB vertalers of ander nie.

    Like

  8. Die gesprek oor die doop dra na my mening geen dooie duit by tot die koms van die koninkryk van God nie. Ek wil saamstem en eerder fokus op die dinge wat in die tyd waarin ons lewe regtig saakmaak. Ek het die op ‘n ander plek geskryf: Terwyl Rome gebrand het, het die Pous en sy aartsbiskoppe geredeneer oor hoeveel engele op die punt van ‘n naald kan staan, hieer gaan ons al weer. As iemand daarvan oortuig is dat hy gedoop moet word nadat hy tot geloof in Jesus Christus gekom het, laat ons hom nie keer of oordeel nie. As iemand tot geloof in Jesus Christus kom, en nie die nodigheid sien om hom te laat doop nie, laat ons hom ook nie keer of oordeel nie. Laat ons geloofs-hande vat en ‘n verskil maak op die plek waar ons lewe en in die tyd waarin ons lewe. Ons gaan mekaar nie met redenasies oortuig kry nie, intussen is daar mense wat nie kan wag om die liefde van God deur ons te bleef nie.

    Like

  9. Hallo Marthinus

    Kommentaar op vorige punte:
    Jy noem die NAB se weergawe van Tit 3:4-5 “‘n skreiende skande“.

    NAB:- Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. 5Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee.

    OAB:- Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het — 5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees

    Grieks:- ὅτε δὲ ἡ χρηστότης καὶ ἡ φιλανθρωπία ἐπεφάνη τοῦ σωτῆρος ἡμῶν θεοῦ, 5 οὐκ ἐξ ἔργων τῶν ἐν δικαιοσύνῃ ἃ ἐποιήσαμεν ἡμεῖς ἀλλὰ κατὰ τὸ αὐτοῦ ἔλεος ἔσωσεν ἡμᾶς διὰ λουτροῦ παλιγγενεσίας καὶ ἀνακαινώσεως πνεύματος ἁγίου,

    Nou moet ek jou eerlik sê, ek weet nie waar jou “skreiende skande” inkom nie. Wat sê die gedeelte? Vroeër, voor ons kinders van God geword het, was ons ook onverstandig ens., maar toe die Verlossing van God (deur sy Seun, Jesus Christus) verskyn het, het Hy ons verlos. Dit het nié gebeur deur ons eie “goeie werke” (werke van geregtigheid / iets wat ons tot ons eie vryspraak gedoen het) nie, maar deur die wedergeboorte en die Heilige Gees wat ‘n mens (se denke Rom 12) vernuwe. Wat het die wedergeboorte gedoen / Wat is die wedergeboorte? Dis soos ‘n bad – dit het ons skoongewas van die sonde. Ek sien nie waar die NAV die OAB of die Grieks weerspreek nie.

    Omtrent die verbond tussen God en Abraham en sy nasate was baie duidelik en was van toepassing op die fisiese nasate van Abraham die Joodse volk, en is baie duidelik ook so in die Bybel opgeteken.”
    Korrek, maar die verbond wat God met Abraham gesluit het is voortgesit / vernuwe in die nuwe Testament. Nou is ons weliswaar nie meer deur bloedverwantskap kinders (nasate) van Abraham nie, maar deur geloof. Maar dieselfde beloftes is tog ingesluit aan die nasate van Abraham, ook dié deur geloof.

    Ek is nie bewus van enige verbond waar God vir ons opdrag gee om ons babatjies te doop nie…
    Ag natuurlik nie, maar dis mos nou ‘n logiese gevolg as die doop die nuwe testamentiese verbond is soos die besnydenis die ou testamentiese verbond is. Die doop is die teken van die “nuwe verbond” en soos die besnydenis die teken van die ou verbond was en wat tog aan babas gegee is, so is die doop die teken van die nuwe verbond. Natuurlik is daar nie so ‘n opdrag nie. KONIG ?????

    hoe ek deel kan word van die verbond wat God met Abraham gesluit het,…”
    Jy het die antwoord tot die kwessie in jou aanhaling.

    en my bevestiging van my geloof deur die doop…”
    Maar dis waaroor ons verskil, oor die rol wat die doop speel. Jy heg eenvoudig ‘n groter rol toe aan die doop as ek. Vir my is dit ‘n teken van die verbond, en soos my trouring nie my huwelik is nie, maar die teken daarvan,so is die doop ‘n herinneringsteken daarvan. Die OT is vol van herinneringstekens. Vir jou is die doop meer as ‘n teken; ‘n bewys van jou geloof; die ontvangenis van die Heilige Gees; redding / vergifnis (nogal Rooms – sien later). My problem met ‘n “bevestiging van my geloof” is dat ek dikwels wipplank ry in my geloof. Die een dag gaan dit uitstekend, die ander voel dit asof jy nie werd is om ‘n kind van God genoem te word nie (ek vind my in goeie geselskap – Paulus). As die doop die bevestiging van my geloof is, dan sal ek myself op ‘n punt kry waar ek reken ek dan baie maal gedoop moet word, dan veral in hierdie “af” dae.

    Geloof is belangrik tot redding!
    Jy “contradict” jouself in jou aanhaling van 1 Kor 7:19 en Gal 5:6. “Die besnydenis is niks, en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.”, en “Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.
    Presies! Dis nie die besnydenis (of die doop in die NT), of selfs dankoffers of kerkbywoning, of kerk-lidmaatskap wat my in die regte verhouding tot God bring nie. Dis geloof dat Jesus die Messias is! En as ons 1 Kor 7:19 letterlik moet interpreter soos jy voorstaan, beteken dit dat die onderhouding van die gebooie my red. Dis natuurlik total in teespraak met Paulus en die genade, waarvan die Bybel vol is. So selfs jy moet interpreter uit die OAB.

    Weer “contradict” jy jouself met Rom 2:29: en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Dis nie die “letter van die wet” (doop) wat die pint is nie, maar of ek in my hart die besny (gedoop) is. Jou opvolgende aanhalings bevestig presies wat Paulus aan die Romeine geskryf het nl dat hulle God se hart heeltemal misverstaan het. Hulle het gedink dit gaan oor die “letter van die wet”. En ons moet pasop dat ons nie dieselfde doen nie (dis waaroor my brief gegaan het). Dit gaan dus nie vir my oor die letterlike “hoe/wanneer” van die doop nie, maar oor dit wat die doop verkondig. En dit is vergewing van sondes deur Jesus Christus. Daarmee is ek nie onverskillig oor Bybelse opdragte nie, maar lees ek dit in die bepaalde konteks waarin dit geskryf is.

    Jy kan tog nie met my verskil dat:
    1) Die Bybel geskryf is in ‘n idioom en vorm wat verstaan moet word om die boodskap daarin vervat, verantwoordelik te verstaan nie. ‘n Brief-formaat is tog anders as ‘n verhalende skrif ens.
    2) Die Bybel geskryf is deur verskillende individue, elk met hul eie persoonlikheid, karakter en bedoeling (daarom verskil Mark en Mat se evangelies). As dokter, was die genesingswonders vir Lukas “amazing”, daarom die talle verwysings daarna.
    3) Die Bybel geskryf is in ‘n tydvak met verskillende sosio-politieke omstandighede. ‘n Woord / uitspraak van ‘n profeet voor en na die ballingskap en verwoesting van Jerusalem word mos noodgedwonge in ‘n ander konteks verstaan (en gesê). Dink maar aan die sosio-politieke konteks veranderings in SA. ‘n Grappie voor 1994 kan vandag jou ‘n hofsaak in die sak bring.
    4) Die Bybel geskryf is aan spesifieke hoorders. Mat se gehoor is anders as Luk s’n (Teofilus).

    Hierdie paar opmerkinge oor hoekom ek die Bybel wel interpretatief lees. Uit jou opmerkings kry ek die idee dat jy glad nie reken dis belangrik nie. Ek dink dis gewoon onmoontlik en selfs onverantwoordelik om nié interpretatief te lees nie. Soos ek gesê het, dan sou ek my dogter kon verkoop as ‘n slavin. Maar selfs in die NT gaan ons, sonder interpretasies, heelwat teenstrydighede vind en onsself in die moeilikheid in “slaan met Bybelse tekste” sonder om die 4 dinge hierbo in konteks in aanmerking te neem nie. Hoekom dink jy wou die vroeë kerkvaders die brief van Jak uit die Bybel gooi? Want dit weerspreek genade as jy dit nie binne die res van die Bybelse konteks “interpreteer” nie. Jy kan tog sekerlik nie vir my sê die “opdrag” om met ‘n hoed kerk toe te gaan, lê op dieselfde gewigtige vlak as om jou naaste lief te hê nie? Dis konteks! Weereens, daarmee relativeer ek nié die krag van die Bybel nie en is ek die laaste een wat Bybelse eise weg verklaar. Maar daar is darem ‘n kwalitatiewe verskil tussen relatiewe opdragte soos hoede in ‘n tydsgreep, aan ‘n spesifieke gemeente en absolute waarhede.

    Ek het ‘n vermoede jou volgende opmerking gaan wees dat die doop (nuwe verbond) nie die opvolging van die besnydenis (ou verbond) is nie. Dt ís, want God is ‘n Verbondsgod. Hierdie bewys is ook meer as wat hier bedoel word. Kortliks die aanhaling: “Eerder as dat enkele teksverse aangevoer kan word, is dit die boodskap van die ganse Bybel, en met name die betekenis van die verbond en veral die noue samehang tussen die verbond in die ou en in die nuwe bedeling, wat die geldigheid van die kinderdoop nie maar net as ’n pastorale beslissing nie, maar as ’n algemeen teologiese beginsel, bo alle twyfel bevestig. … Die tipiese van die Ou-Testamentiese verbond—wat vir ons hier van belang is—is dat die kinders by die weldade van die verbond nie uitgesluit nie, maar juis ingesluit was … Die Nuwe-Testamentiese kerk is die nuwe verbondsvolk waar God struktureel nie anders handel as in die Ou Testament nie. Ook hier is die kinders van gelowiges gereinig deur die bloed van Christus, opgeneem in en deel van die gemeente, saam met hulle ouers kinders van die verbond.” (Heyns, J. (1999, c1978) (Hand 2:39; 11:14; 16:31; 1 or 1:16). 1 Kor 7:14 wys ook op die inkorporatiewe karakter van geloof. Natuurlik moet dit nog eie gemaak word deur die kinders!

    Ek lei ook af van jou skrywe dat die NGK (Ek is ook deur die proses van geloofsbeleidenis in die NGK ) deur middel van die geloofsbelydenis die doop vervang.” Wag, die belydenis het nie die doop kom vervang nie. Dis eerder 2 kante van ‘n muntstuk – ek het die verbond van God ontvang op God se inisiatief, nou wil ek graag daarop antwoord. Maar ek kan dit ook doen sonder ‘n openbare belydenis. Outoriteit? Die kerk (ja, vol foute en vol sondige mense) is die liggaam van Christus waarvan Hy inderdaad die hoof is. Aan die kerk is inderdaad gesag gegee om op aarde “liggaam” te wees. Dat die kerk foute maak, gaan so wees (ons is nog nie in die hemel nie); maar dit laat die kerk nie ophou om kerk te wees en besluite te neem nie; natuurlik nie in stryd met die Woord nie.

    Jou punt oor die Jehovas en hulle vertaling van die Bybel vs die NAB is vir my nutteloos. Jy kan nie appels met pere vergelyk nie. “Dink net as al die ou manuskripte van die Bybel interpratief vertaal was waar ons vandag sou wees.”
    Presies, dis hoekom ons terug moet gaan oorspronklike teks toe, wat die NAB wel gedoen het; selfs meer as Totius! Aan die ander kant, vertaling is op sy beste ‘n VERTALING. Jy kry goeies en slegtes, en kan ek jou sê, letterlike vertalings is nie noodwendig die goeies nie. My vrou het al vir CUM boeke vertaal; ons het al talle goeie en slegte vertalings gelees. Jy sal my nie oortuig dat die beste vertaling ‘n letterlike vertaling is nie. So kom ons sluit die gesprek oor die OAB en die NAB af. Jy is geregtig op jou opinie, maar wees asb sensitief vir duisende christene wie geen problem daarmee het nie en weliswaar dus ook geregtig is op hulle opinie. Moet asb nie God speel en hulle geloof “nutteloos en waardeloos” verklaar nie. Verskil rustig in liefde.

    Om rêrig reg te laat geskied aan die hele debat rondom die doop (en per implikasie die sakramente), moet ons eintlik ‘n hele studie daavan doen. Byvoorbeeld, die RKK se seining van die sakramente wil die mense se subjektiwiteit t.o.v. geloof ten alle koste verhoed. Die mens ontvang dus genade o.g.v. die werking van die sakramente. Die mens se “bydrae” is ‘n begeerte om dit te ontvang. Sodoende kry die sakramente “objektiewe krag waardeur die siel van die mens deel kry aan die goddelike lewe van Jesus Christus”. (Heyns, J. (1999, c1978). Die term wat die RKK gebruik om hierdie verhouding te beskryf is Ex Opere Operato : “Ex Opere Operato means that if the communicative nature of the Christian sacraments is acknowledged, a sacrament properly performed is seen to convey God’s grace independently of the faith or moral character of the celebrant or recipients. Its value springs from its divine institution, “from the work already done” (Latin ex opere operato), in which the sacrament participates.” e.v. “The Reformers rejected this view. Calvin said it contradicted the nature of the sacraments. Protestants have stressed the need for faith to be present in the recipient for a sacrament to have validity. Sacraments are the instruments used by God to confirm the word of his promise to those who believe. (McKim, D.K.). Die doop (sakramente) word so die bemiddelaar van die heil, iets wat die Reformasie gereken het ‘n oorskatting van die sakramente is want SLEGS Jesus is die Heilgewer (dis waar ek die “+” voorheen aan jou verduidelik het) (sien ook Wikipedia en/of CatholicForum – stating that grace is always conferred by a sacrament).

    Ter afsluiting: ek vra nie dat die voorstaanders van grootdoop daarvan moet afsien en “kleindopers” word nie. Al waarvoor ek bepleit is vir ruimte vir mekaar. “Ons” ontken nie die grootdoop (of die hoeveelheid water wat gebruik word) nie. Ons interpreter die Bybel en die verbond slegs op so ‘n manier dat ons kinders daarby insluit. Dit is dus nie ‘n argument oor die een óf die ander nie, maar albei. Soos Attie (vorige kommentaar) tereg opmerk (en weer is ek by my “melk-kos” stelling) – dit dra nie by tot die vestiging van die koms van die Koninkryk nie. As mense honger is; vra hulle nie om gedoop te word nie, maar om die evangelie. Waar mense in “slawerny” van die bose lewe, vra hulle nie om edoop te word nie, maar om verlos te word.

    Erken dus dat daar geldige verskille oor hierdie spesifieke saak is. Laat ruimte vir hierdie gereformeerde siening. Lees gerus hierdie insiggewende artikel.

    Boeke: “Understanding four views on baptism, deur Tom J netles & Robert Kolb).

    Like

  10. Goeiedag!

    Ek is ‘n kombinasie van julle albei. Ek is gereformeerd en ek is ‘n Baptis.

    Ek wil vra “wat is n God se oplossing vir ons vrede tussen mens, wat sondig is en Hom, wat heilig is!” Daar’s net een antwoord en dit is geloof is Sy seun die Here Jesus Christus. Enige iets ekstra is doemwaardig, sooos Galasiers dit baie duidelik uitwys. Ek ek iets byvoeg verskraal ek Christus se werk, nl. “dit is volbring” Hy het alles gedoen wat nodig is vir die wat God aan hom gegee het. Sy lewe was volmaak gehoorsaam aan God en Sy wet, Hy was gehoorsaam aan die kruis as strafdraende plaasvervanger (in on plek – die Lam wat geoffer is)Hy het opgestaan uit die dood – God se manier om te se, die man het geen sonde (loon vd sonde is die dood)Hy regeer aan God se regterhand en tree in elke dag, steeds vir Sy kinders en ons word gelei en vertroos deur Sy Heilige Gees wat agter ons staan en fluister “sien jy Hom, volg Hom” Hy verheerlik die Seun en leer ons om Hom te ken deur die Skrif en gee ons onderskeiding.

    Die doop is ‘n daad van gehoorsaamheid. Dit ‘n uiterlike teken wat die seel is van ‘n innerlike gebeurtenis. As die Here jou wederbaar – vir jou ‘n nuwe hart van vleis (Eseg. 36:26) gee waarop die waarheid van Sy wil/wet gegrafeer is, is jy ‘n nuwe skepsel wat jou bekeer tot Christus. Jy volg nie meer slaafs wette na wat onmoontlik is om opreg uit te voer, nee, jy volg Jesus Christus, jy los al jou verdienste en maak staat op Sy verdienste (Romeine – nie Calvyn nie -Romeine)Die doop is slegs die seel en daad van gehoorsaamheid. Ons kan nie vashou aan kinderdoop uit vrees vir ons kinders. God is soewerein – hy red wie hy wil, soos vooraf deur Hom besluit en Hy vat jou deur (met ‘n geroei en gestoei _ Hy sal jou deurvat, want die Seun het alles gedoen en tree steeds in)Rom.8:29-30. Wie is uitverkies, wie weet? As jy Hom liefhet en volg met jou hart en siel, al val jy, jy kan nie bly le, nee jy tel jou kop op en kyk na die Lam (soos die koperslang in die woestyn) KYK NET! Ja, met vrees en bewing, soms, maar Hy het jou pad uitgewerk en jy sal Hom verkeerlik en Hy sal jou Heiliger maak. 1 Kor. 7 as vb. beteken heilig gered of eenkant gesit vir besondere genade. ‘n kind wat grootword in ‘n Christen huis is baie bevoorreg teenoor een in ‘n Moslem huis. ‘n ongelowige vrou word tog nie gered deur ‘n gelowige man (daar’s net EEN MIDDELAAR) maar sy slaap elke aand as’t ware saam met ‘n ‘”engel” – ‘n kind van God!Wat ‘n seen! Sy sal egter steeds self moet kies (Eseg. 18)

    Gaan lees asb. Romeine 5 oor Adam en Christus. Vanaf die Ou Testament is ons slegs gered deur geloof in God se beloftes. Hulle oor die “nakomeling” (Gal.) wat sou kom en ons in die Nakomeling wat gekom het. Niks is groter of beter as Hy. Wat betref Hand. 2 -d ie “Naam van die Here Jesus” dit is Hy en Hy alleen wat sondes kan wegneem (waarvoor het Hy gesterf – Hy’t die wat in Hom glo se sondes geneem) lees die sin aaneen en as jy in Hom glo (salgmakend met kennis, oortuiging en vertroue)kry jy dadelik die Heilige Gees – God die Vader en God die Seun se waarborg dat jy ‘n kind van God is.

    Vers39: en julle kinders dui daarop dat dit nie net vir die wat nou luister geld, maar ook die nageslag “wat die Here sal roep”

    Bietjie baie geskryf – hoop die punt is duidelik. Ek sou dink in die vroee kerk was dit seker ondekbaar dat iemand tot geloof in Christus kom, en nie gedoop is! Ons het te veel bagasie en tradisie wat ons lui maak om te dink en te bid vir God se oortuiging in ons harte. Ou en Nuwe verbond -daar is wonderlike inl. daaroor: kyk op http://www.reformed.org.za

    Like

  11. Hi Swartwitpens

    Ek hoop die volgende sal vir jou en Attie dit beter verduidelik. Onthou my vraag is nog steeds moet ek die doktrines van mense volg of moet ek doen wat Paulus vir ons in die Bybel se om te doen. Dan nog ‘n vraag aan jou Swartwitpens as een van jou gemeentelede na jou toe kom en jou as leeraar vra om hom of haar weer groot te doop soos wat dit in die Bybel gedoen was, wat sal jou en die kerk se antwoord op die lidmaat se versoek wees

    Hier is die teks in die Bybel wat my oortuig het.

    Rom 6:1 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?

    Rom 6:2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

    Rom 6:3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?

    Rom 6:4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.

    Rom 6:5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;

    Rom 6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.

    Rom 6:7 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.

    Rom 6:8 As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,

    Rom 6:9 omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.

    Rom 6:10 Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.

    Rom 6:11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.

    Rom 6:12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.

    Rom 6:13 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.

    Rom 6:14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

    Baie mense se dat die doop is ‘n werk en dat ‘n mens nie deur werke aleen gered kan word nie, ek stem saam met hulle, ‘n mens kan nie deur werke gered word nie. maar met die doop is die manier waarmee Christene hulle vereenselwig met die kruisiging en opstanding van Jesus net soos Paulus dit hier verduidelik. Paulus verduidelik die doop verder in Kolosense 2.

    Col 2:9 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;

    Col 2:10 en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;

    Col 2:11 in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,

    Col 2:12 omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.

    Col 2:13 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,

    Lees veral vers 12, dit som vir my op waarom die doop gaan. Eerstens die doop is die manier hoe ek my vereenselwig met die dood van Christus, Baie interesant Paulus noem dit hier die besnydenis van Christus wat sonder hande verrig word, en tweedens van my kant is dit my geloof in die werking van God. Ek vra die vraag, wat is hierdie werking van God waarin ek my geloof plaas waneer ek gedoop word, soos Paulus dit hier in vers twaalf verduidelik. Ek vind ook vers sewe geweldig interesant,

    Rom 6:7 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.

    Maw as die Doop gesien word as die manier hoe ons sterwe van ons ou sondige lewe Rom 6 en Kol 2:12 Dan volgens vers 7 is ons ook dan geregverdig van ons sonde maw die vergifenis van ons sonde. Dan maak die volgende verse in Handelinge ook vir my dadelik sin. Ons lees die volgende in Handelinge 2:38:

    Act 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

    ook die volgende vers:

    Act 22:16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.

    Waneer ek die volgende verse in Galasiers lees:

    Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

    Gal 2:21 Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.

    Hoe word ‘n mens met Christus gekruisig? Paulus verduidelik dit tog in Romeine 6

    Paulus skryf ook in Galasiers 5:24 die volgende

    Gal 5:24 Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.

    Gal 5:25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.

    Volgens wat Paulus hier skryf kan ons die volgende uiterste belangrike gevolgtrekking maak. Om in die Gees te wandel moet jou ou lewe eers gekruisig word. Hy verduidelik dit in Rom 6 deur die doop. Dit gee my ook nuwe insig as ek Romeine 8 lees.

    Ek lees ook verder in Galasiers 3:27 – 29 die volgende:

    Gal 3:27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

    Gal 3:28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.

    Gal 3:29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.

    Ek sien die doop as my geloof in die werking van God. Baie belangrik geloof en die doop kan nie van mekaar geskei word nie,

    Mar 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

    Geloof sonder die doop is geen geloof en so ook die doop sonder geloof is geen doop. Is dit so moeilik om te verstaan of is daar enige ander manier om ons met Christus se Kruisdood te vereenselwig. Ek glo dat die doop die nuwe gelowige se ondertekening is van die Nuwe Verbond met die Drie Enige God. Dit is deur die doop my pleidooi in geloof tot die Vader, die Seun, en die Heilige Gees dat hulle, hulle belofte teen oor my as dopeling sal nakom soos belowe in die Woord van God.

    Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

    Ek glo ook dat die doop gekoppel is aan die wedergeboorte soos in Johannes 3:5 deur Jesus aan Nicodemus verduidelik.

    Joh 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

    Het jy al die gevolge van die vers deurdink.

    Die doop word ook gekoppel met die vernuwings proses van die Heilige Gees in die nuwe gelowige ons lees in Titus 3:5-6

    Tit 3:5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees

    Tit 3:6 wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;

    Tit 3:7 sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.

    Dr Andrew Murray het die volgende oor die doop gese:

    And all this rich blessing which lies in baptism is received by faith. “He that believeth, and is baptised, shall be saved.” Mark 16:16 Baptism was not only a confession on man’s part of the faith that he already had, but equally a seal on God’s part for the confirmation of faith–a covenant sign in which the whole treasury of grace lay open, to be enjoyed throughout life. As often as a baptised believer sees a baptism administered, or reflects on it, it is to be to him an encouragement to press, by an ever-growing faith, into the full life of salvation that the Trinity desires to work in him. The Holy Spirit is given to appropriate within us all the love of the Father and all the grace of the Son. The believing candidate for baptism is baptised into the death of Christ and has put on Christ. The Holy Spirit is in the disciple to give him all this as his daily experience.

    Ek hoop dit maak dit meer duidelik oor hoe ek die doop verstaan, en waarom ek dink dat die kleindoop nie gegrond is in die waarheid van die skrif nie. As ‘n gelowige voel ek dat dit uiters belangrik is om eerder die Woord van God ten alle koste te gehoorsaam. Om me aftesluit wil ek jou graag verseker deur my eie ervaring as jy die doop met die regte oortuiging en geloof deurgaan soos in die Bybel, kan jy jou regmaak vir ‘n geloofs ervaring wat nie met woorde verduidelik kan word nie did sal jou grootste verwagtinge by verre oortref.

    Groete in Christus

    Marthinus

    Like

  12. As ek iets kan deel, net die volgende. Persoonlik glo ek daar word te veel klem geplaas deur sekere skrywers, op die krag van vleeslike aksies rakende die doop, maar dat dit nodig is, wil mens nie onnodig betwis nie. Die doop wat red, was nooit en sal nooit iets wees waar die mens aktief mee besig is nie. Geen menslike aksie is die redding self nie, maar menslike aksies wys daarna. Enige mens kan na die Here gelei word, maar net Hyself, kan soewerein iemand red. Ons word deur die Gees van God in Jesus se liggaam ingedoop (1Kor 12:13), die oomblik wanneer jy Jesus persoonlik ontmoet, die oomblik wat jou hart besny word, die oomblik wanneer jy by die kruis kniel, dit is niks anders as die wedergeboorte nie.

    Vêrder het God weens Sy barmhartigheid, beloftes van heil aan die mens kom bevestig in ‘n ooreenkoms wat Hy met jou en my siel het. Hierdie ooreenkoms word vandag kontraktueel aangebied, wat eintlik oneer aan God se ewige raadsplan bring. God het nie ‘n kontrak met die mens kom sluit nie, maar ‘n verbond. Die huwelik tussen ‘n man en vrou moet ewig wees, daarom is dit veronderstel om ‘n verbond te wees, maar die mens het dit ‘n kontrak gemaak, waarvan die wrange vrugte duidelik wys. ‘n Verbond kan net ewig wees en ‘n verbond het ‘n teken. Ons kan elke liewe verbond wat God gesluit het, vandag nog in tekens sien, hetsy die verbond met Noag, Adam, Dawid of God se verbond met dag en nag. Waarom erken mense die verbond met Abraham dan nie?

    Die verbond met jou nageslag bestaan en elke gelowige kan in beginsel ‘n geestelike vader wees, soos wat Abraham vandag ons almal se geestelike vader is. Paulus was Timothéüs se geestelike vader in die Nuwe Testament (1Tim 1:2) en Saggéüs was juis deur Jesus self bemoedig dat ook hy sy eie huisgesin kon bereik as hul geestelike vader (Luk 19:9). Saggéüs was ‘n seun van Abraham, een wat in die verbond geglo het en Jesus het dit geweet. ‘n Ouer is by uitstek in ‘n posisie geplaas om hul eie kinders na God te lei en die huwelik word deur die Bybel gelyk gestel aan ‘n tipe van die liggaam van Christus (Efe 5:23). Kinders sien hierdie vergelyking in hul eie pa en ma en word derhalwe ook leiding verskaf om hul geoefend in hul weë te maak voor God (Spr 22:6; Gen 18:9; Deut 4:9; Ps 78:3-6; Efe 6:4; 2Tim 3:15).

    Dat elkeen Jesus self persoonlik moet ontmoet is ‘n uitgemaakte saak, maar hoekom is daar so baie wat die beloftes aan gelowiges minag? Romeine 11:17 stel dit duidelik dat ‘n bloed-gewaste kind van die Here, met sy of haar wedergeboorte deel kry aan die wortel en vettigheid van die olyfboom. Om burgerskap van Israel te verkry is om mede-erfgename van die verbonde en belofte aan Israel te verkry (Efe 2:12). As iemand nie in die doop van ‘n kind glo nie, waar het God hierdie belofte aan die mensdom onttrek? Die nuwe teken is op die kruis volbring, want Jesus moes eers sterf, voor die teken bewaarheid kon word. As daar bloed uit Sy liggaam sou kom, toe Hy met die spies gesteek was, was dit nog nie volbring nie, maar daar het water uit Sy sy gekom en die water was die teken, wat die bloed eers was, toe Hy nog geleef het. Die Ou Testament se teken van bloed het daar verander na die Nuwe Testament se teken van water, want Hy, is die lewende water. Sy bloed is vir ons gestort en dit is volbring in ‘n nuwe teken van genade. In Sy dood het daar vir ons lewe gekom en dit is as belofte bevestig vir elkeen wat gered word. Ontneem dit nie jou kind nie, wat in die Ou Testament op die 8ste dag besny was. Net seuntjies was besny, bloot om die impak van die nageslag as erfgename te illustreer. Die kind het dan ook op die 8ste dag ‘n naam ontvang, want dan was daardie kind amptelik ‘n erfgenaam en sy latere vrou sou haar ook onder sy naam ‘n erfgenaam maak. Vrouens was nooit direk ingesluit in enige verbondsbelofte nie, want die vrou wat uit Adam geneem was, was altyd outomaties ingesluit en net die man was aangespreek deur God. Slegs Adam was die tuin belet, maar dit het Eva ook ingesluit. Slegs mans was by met die instelling van die Nagmaal, maar dit het vrouens ook ingesluit.

    Die syfer agt (8), beteken nuwe lewe en dit is nie om dowe neute dat ons Verlosser op die 8ste dag opgestaan het nie. Die 8ste dag waarop die kind besny was, het gewys op die nuwe lewe wat aan hierdie kind belowe word. Die ouer moes dit net glo, maar die geskiedenis wys wat gebeur het, toe ongeloof en ongehoorsaamheid, ‘n Verlosser genoodsaak het, om in te tree.

    Die teken van wie erfgename moet wees, leef in alle glorie in ons vlees, wanneer seuns die familie-plaas moet erf en in hul geslagte moet oordra. Dit is baie belangrik dat die “Jonker” naam gekoppel moet word aan die plaas, wanneer ‘n trotse pa veral sy eerste seuntjie die lewenslig sien aanskou. Hierdie trotse pa is egter ook die geestelike pa, van hierdie seuntjie, maar baie besef dit nie meer vandag nie. Enige iemand wat nie glo in die doop van ‘n baba nie, sal moet wys waar die belofte aan die nageslag opgesê is, sal moet wys waar God die ewige insluiting van gelowige ouers se kinders, afgesny het, sal moet wys dat ‘n geestelike erfgenaam nie deur fisiese instellings verkry kan word nie. Die doop van die kind met water, wys bloot na die eintlike doop, wat nie fisies hoef te wees nie, want die belofte kom hierdie kind ook toe…

    Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.
    (Hand 2:39)

    Like

  13. In die boonste plasing, is daar net ‘n regstelling rakende die bloed en die water, wat uit Jesus se liggaam gekom het. Mens kan ongelukkig nie plasings redigeer nie, jammer oor die fout.

    Like

  14. Groete in Jesus,

    “en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” (Joh 8:32 ANT)Voor ek begin, verskoon my afrikaanse grammatika, ek woon al sedert 1990 in Australie en hier praat ek maar min Afrikaans.

    Daar is al baie geskryf, en baklei, oor die doop. Ek het jare gelede “Die Handboek by die Katkisasie” in my besit gehad, kan nie meer onthou watter van die drie sg “suster kerke’ dit gepubliseer het nie. Wat ek wel onthou is dat dit bevestig dat die kinderdoop goedsmoeds oorgeneem is vanaf die RKK wat tot die 11de eeu beide die indompeling van gelowige vowassenes en die besprinkeling van kinders (meestal babas)toegepas het.

    By beide die gelowige doop (belydende gelowige) en die besprinkeling vind indompeling plaas. Die gelowige word in water gedompel,(Romeine 6 begrawe) ons besprinkel immers nie die beskuit nie maar dompel dit in die koffie. By die kinder besprinkeling dompel die predikant sy vingerpunte in die water en laat ‘n paar druppels op die kindjie se voorhoof val.

    Deur die wonder van interpretasie word die Woord aangepas om die tradisie van die RKK ook by Protestante te laat voortleef.

    Dit strem my gemoed dat ons kan aanspraak maak dat “interpretasie” van die Woord bykans alles geldig maak soos dit my vooropgesette neiginge en tradisies pas. Daarom agv “interpretasie” is daar bykans 2000 Christelike kerke in die wereld.

    Toe Martin Luther die RKK verwerp het was sy wekroep “Sola Scriptura”. Alhoewel selfs hy sy wekroep nie volkome gestand gedoen het nie. (vra as julle meer wil weet, of beter studeer sy verhandeling oor die Tien gebooie) Toe hy tot inkeer gekom het, het hierdie Bybelteks deur sy gemoed geflits; “…Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.” (Rom 1:17 AOV) Lewe is ‘n “doenwoord” (werkwoord) Paulus praat nie van blote lippetaal nie, hy praat van die instaatstellende krag wat God deur ons Heiland tot ons beskiking gestel het. Hy praat van die aktiewe werkende geloof wat so kennelik sigbaar is in die regverdiges se doen en late.

    Is jy regverdig verklaar? Doen die werke wat by die bekering pas.

    DOOP EN BESNYDENIS
    Die doop het nie die besnydenis vervang nie. Die besnydenis is nie teken van die Ou Verbond nie. Die besnydenis was die verbond wat God met Abraham gemaak het. “In jou nageslag sal alle nasies van die aarde geseen word.” Gen 22;18 OAB

    DIEF AAN DIE KRUIS
    Die dief aan die kruis het versekering ontvang van verlossing voor Jesus gesterf het. Hy het nog geleef teen sononder daarom het die Romeinse soldate altwee die diewe se bene gebreek nadat hulle saam met die lewelose Jesus van die Kruis afgehaal is volgens Joodse geloof dat niemand op die Sabbatdag aan ‘n kruis moet hang nie. Dit is juis hier waar die sg interpretasie skipbreuk ly. Die geleerde manne wat die Bybel vertaal is geplaag deur hulle “mindset” As jy glo dat jy dadelik hemel toe gaan met jou dood, dan was die regverdige dief daardie selfde Vrydag saam met Jesus in die Paradys. Voorwaar ek se vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. Joh 20:17 die probleem is dat die Koine Grieks (Bybelse) nie leestkens gehad het nie. Kommas en stoptekens is deur vetalers ingesit soos hulle goedgedink het. Skuif die komma een woord links en die hele betekenis verander. “Voorwaar ek se vir jou vandag, jy sal saam met my in die Paradys wees.”

    Is ek aanmatigend? Nee, ‘n hermeneutiese beginsel is dat die Skrif Homself interpreteer. As ons dit nie doen nie, dan het Jesus vir die dief gelieg, en dit kan nie! Hy Is die weg die waarheid en die lewe. maar dit is menslike interpretasie wat Hom tot leuenaar maak. Die dief het nog gelewe aan die einde van die sesde dag (Joodse dagtelling gaan van sononder tot sondonder) so hy kon nie in die paradys gewees het nie.

    Jesus was nie “vandag”(Vrydag) in die Paradys nie. Josef van Arimathea het sy lewelose liggaam in sy nuwe graf “begrawe”. Daar het Jesus in die graf gerus tot die Sondagoggend na die Sabbat. Op die eerste dag van die week kom Maria Magdalena by die Tuingraf, waar sy die verrese Jesus teenkom en hier is ons Heiland se getuienis:

    Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God. (Joh 20:17 AOV)

    Om te bely dat kinder besprinkeling nie in die Byble is nie maar dit nog steeds dogmaties toe te pas asof dit God se wil is, is verbysterend. Maar dit is wat tradisie doen. dit plaas ‘n muur tussen gelowiges wat opreg glo dat hulle kindertjies besprinkel moet word vir hulle saligheid. Jesus het gese: “Laat die kinderjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koningryk van die Hemel.” Mar 10:14 AOV

    Vriende in Christus, laat ons wekroep wees soos Martin Luther, Slegs die Woord, slegs geloof slegs Jesus. En nie “sola Teoloog” nie. karl Barth, C C Berkouwer, Dr Johan Heyns, Calvyn en Luther is nie ons laaste woord nie, dit is die Woord soos deur God ingegee.

    “Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.” (Rom 15:4 ANT)

    Koala

    Like

  15. Groete in Jesus.

    net nog die volgende. Die dief aan die Kruis was nie gered agv die Nuwe verbond bedeling nie. Hy was gered as deel van die ewige verlossings verbond. Onder die Ou Verbond het die berouvolle sondaar die lammetjie na die Priestre by die Tempel gebring sy sonde op die lam se kop bely en die dierjie is dan geslag en die bloed is die heilgdom ingeneem. Onder die Nuwe verbond is dit die Bloed van Jesus wat geestelik reinig. “Aanskou die lam wat die sonde van die wereld wegneem.” En dit is die bloed van Jesus wat die teken van die Nuwe verbond (Testament)is.

    want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond (Testament) (διαθήκη) beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes. (Mat 26:28 ANT)

    Ryke seenwense van onse hemelse vader

    Koala

    Like

  16. “Die verkondiging van die blye evangelie van Jesus se offer as verlossing van ons sonde.”

    As ek na die aangehaalde gedeelte kyk kom die volgende deel in gedagte:

    “Daarom spreek ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat se, met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.”

    My vraag is: Hoe kan enige nuterdenkende aanvaar dat die Vader sy Seun sal stuur om as bloedoffer te dien vir ons “sondes”?
    Die Skrif is tog duidelik dat Christus slegs gestuur was met ‘n Boodskap/Evangelie en is daarom vermoor deur die sameswering van die “kerk en regering” van die dag?

    Like

  17. Ag tog, het ons nou al weer ‘n comment van ‘n “judgementalist” hier met uitsprake soos “hoe kan enige nugterdenkende …”; so asof hy die enigste nugterdenkende op die planeet, oor duisende eeue is. Verskil gerus, maar jy’t ook maar deel van die waarheid. Die waarheid is baie meer genuanseerd as jou “nugtere denke”.

    Like

  18. Die dief aan die kruis was gered omdat Jesus sy sondes vergewe het. Ons lees in Markus 2 vers 9 tot 12.

    9 Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en neem jou bed op en loop? 10 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewe — sê Hy vir die verlamde man: 11 Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe. 12 En dadelik staan hy op en neem sy bed op en gaan voor die oë van almal uit, sodat almal verbaas was en God verheerlik en sê: So iets het ons nog nooit gesien nie!

    Like

  19. Beste Martinus,

    Jy sê, “Die dief aan die kruis was gered omdat Jesus sy sondes vergewe het. Ons lees in Markus 2 vers 9 tot 12.

    9 Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en neem jou bed op en loop? 10 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewe — sê Hy vir die verlamde man: 11 Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe. 12 En dadelik staan hy op en neem sy bed op en gaan voor die oë van almal uit, sodat almal verbaas was en God verheerlik en sê: So iets het ons nog nooit gesien nie!”

    Is die dief aan die kruis nie juis gered, omdat die kruis sentraal staan in die redding van die mens nie?

    Like

  20. Ek was as baba gedoop alhoewel ek niks weet daarvan nie. So is baie familie en vriende as babas gedoop en van hulle lewe in absolute sonde wil niks weet van God nie. My vraag is is hulle nou ok omdat hulle klein gedoop is.

    Waarom as ons in handelinge lees van die eerste kerk waar Petrus gepreek het was mense opgeroep : Bekeer julle en laat julle sondes afwas. Verbond en doop is twee verskillende items. Jesus het tog die voorbeeld gegeen en as gehoorsaamheid aan sy Vader is Hy gedoop. Ons is veronderstel om Hom te volg en nie mensgemaakte reels nie. Daarom ook sy laaste opdrag: Gaan heen maak dissipels van al die nasies DOOP HULLE in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle geleer het. Dit was n opdrag. Kan jy dissipels van babas maak.

    Like

  21. 1). Nee, hulle is nie OK omdat hulle gedoop is nie omdat hulle God se genade verwerp!
    2). Hand. was ‘n nuwe bedeling; eerste-geslag en moes natuurlik in die NUWE verbond (wat eintlik nog dieselfde verbond as die oue was, maar t.o.v Jode se verstaan daarvan, nuut) ingelyf word. Het jy in die eerste gemeentes ook gelees dat “hulle EN HULLE KINDERS is gedoop”? Hebreers is ‘n boek oor die tweede (en daaropvolgende) geslag christene, en sien die verskil in benadering oor allerhande sake, soos “backsliding ens.
    3). Kinderdoop is NIE ‘n mensgemaakte reel nie! Dit kom voor in die Bybel en is deur GOD SELF daar gestel. Hou op om miljoene opregte gelowiges “aan te val asof hulle sou glo in mensgemaakte reels” net omdat jy meer van jou perspektief hou.
    4). Jammer om jou “bubble” te bars, verbond en doop is nie 2 verskillende items nie! Die doop is die NT weergawe van God se verbond met die mens.
    5). As jy die wereld invaar met die evangelie gaan jy inderdaad miljoene kry wat nog nie gedoop is nie – DOOP hulle dan en leer hulle om alles te ….. Maar as jy na ‘n reeds ge-evangeliseerde mens toe gaan (soos jou baie familie en vriende), hoef jy hulle nie weer te doop nie – leer hulle net om alles te onderhou. Hulle is klaar gedoop. As hulle tot bekering kom, aanvaar hulle die doop as God se verbond met hulle.
    6). Ja, ek kan van babas dissipels maak. Daai babas bly nie vir ewig babas nie. Deur God se genade!!!! is my babas vandag dissipels. En besoek gerus ons jeug – talle dissipels met wie die dissipelmakingsproses al van baba-stadium gebeur het! Wanneer begin jy jou kinders leer? Eers as hulle groot is? Nee, dit begin jy doen van dag 1 af (Deut 6).

    Maar weereens wil te veel mense “grace killers” wees en kies vir of die een, of die ander, en dan ander christene “grace-kill” wat in die een of die ander glo. Ons hoef nie te kies vir of teen kinderdoop, of vir of teen grootdoop nie. Albei is in die Bybel gebruik; albei kom voor; albei is God se opdrag. Gaan rustig voort in die kerk waar jy is met watter praktyk hulle voor gekies het – dis fine! Maar moenie ander “kill” en uit die hemel verdryf wat anders glo nie – dis in elk geval nie jou werk om mense uit die hemel te verdryf nie, slegs in!

    Ek glo egter dis onnodig om WEER gedoop te word omdat God getrou aan Sy beloftes bly t.s.v. jou ontrouheid. Maar weet jy wat, selfs al sou jy jou weer laat doop – jy’s welkom (ook in my kerk!) Maar ek loof die Here dat ek Sy kind is en dat ek gedoop is as kind!
    Soli Deo GLoria

    Like

  22. Hallo Magda,

    Van watter doop praat Jesus hier?

    Maar Jesus antwoord en sê: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir Hom: Ons kan. En Hy sê vir hulle: Dis waar, my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter— en aan my linkerhand berus nie by My om te gee nie, maar is vir hulle vir wie dit deur my Vader berei is.
    (Mat 20:22-23 AOV)

    Maar Ek het ‘n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is!
    (Luk 12:50 AOV)

    Ek kan met jou saamstem dat baie min mense wat klein gedoop is vrugte dra van die wedergeboorte, maar ongelukkig is dit presies dieselfde met die groot doop. Ek ken persoonlik ‘n magdom mense wat groot gedoop is… en nie ‘n enkele vruggie dra wat by die bekering pas nie. As jy so bietjie ingaan op hierdie tekse hierbo, gaan jy ontdek dat mense van die doop met water ‘n wet gemaak het wat eintlik kragteloos is. Die enigste krag in ons redding lê by die kruis, nie in die doop met water nie. By die kruis vind ‘n doop plaas en die jammer in ons dag, is dat hierdie doop met water vervang word. As die kruis nie meer sentraal staan nie, is daar niks oor nie en dit verklaar vir my hoekom soveel mense wat groot gedoop is en dink hulle is nou OK, nooit OK is nie.

    Like

  23. Net nog iets wat mens graag wil byvoeg Magda. Gehoorsaamheid kom ook net deur die kruis, nie deur die doop met water nie. Dit is ‘n leuen glo ek, om mense se gewete te sus. Ware gehoorsaamheid teenoor God kan nooit in een daad manifesteer nie, maar moet van dag tot dag plaasvind en moet mens heeltyd bewus maak van wie jy voor God is. Net die kruis het hierdie eienskap (sien krag van die kruis in 1Kor 1) en Jesus ag nét dit as ware gehoorsaamheid…

    En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.
    (Luk 9:23 AOV)

    Paulus bevestig dit met vele uitspake en daar is selfs in 1Kor 1:17 ‘n vegelyking tussen die kruis en die doop, waar Paulus sê Christus hom nie gestuur het om te doop nie, sodat die kruis nie verydel mag word nie. Vêrder sê Paulus in die brief aan die Korinthiërs dat hy niks anders by hulle wil weet as Jesus en Hom as gekruisigde nie en aan die Galasiërs sê hy dat hy in niks anders sal roem as die kruis nie! Ware gehoorsaamheid en om Sy gebooie te onderhou, kom derhalwe net deur die kruis, niks anders nie.

    Like

Lewer kommentaar