• Ek hou van redeneer, maar is nie ‘n analitikus nie.
  • Ek is teen kerk-speel, mens-gemaakte reëls, maar pro genade.
  • Ek verwonder my oor die genade, hoewel ek dikwels myself uitvang dat ek daarvan boggerol verstaan; want ek kan ook ‘n “grace-killer” wees!
  • Ek verwonder my oor die Gans Andere (soos Karl Barth oor God geskryf het) – die onmeetlike grootsheid van God.
  • Ek vind rus en troos in my verhouding met Jesus Christus; nie in “religion” nie, maar in ‘n verhouding.
  • Ek haat rassisme.  Ek is ‘n optimis, maar sukkel om optimisties te bly in die vlaag van rassisme; die ergste vanaf diegene wat dekades daarteen geveg het.  Maar ek weier om ‘n rassis te word.
  • Net so haat ek seksisme;  dis soos om appels en pere met mekaar te laat kompeteer.  Elkeen is gemaak eie na sy/haar aard en talente.
  • Ek’s mal oor rekenaars en die internet.  Miskein is dit my “escape route”.  Ek jôl met Linux; ek verpes Vista (if XP ain’t broken, why fix it).
  • Ek’s mal oor my vrou!  Ek verdien haar nie; want ek kan uithaak.
  • Ek’s mal oor my kinders!  Elkeen uniek.
  • Ek filosofeer graag hoewel my argumente soms nie water dra nie :-? .
  • Cogito ergo sum…. ek dink, daarom is ek.  Kon netsowel gewees het: ek is, daarom dink ek!  Dis wat ons onderskei van diere…. of is dit?

Kuier en gesels saam.


5 Responses to “Wie’s ek”


  1. 16/03/2008 at 17:19

    Beste swartwitpens,

    Dit is seker jou goeie reg om polities korrek te wees, by die haat van rassisme en seksisme, maar sou dit vir ‘n gelowige nie beter wees om maar net onreg te haat nie?

  2. 16/03/2008 at 18:03

    Wel, daar is talle wat reken rassisme is nie noodwendig onreg nie; so ook seksisme. Ek weet van talle argumente tydens die apartheidsjare waar rassisme glad nie as onreg beskou is nie. Trouens, ons weet nou al hoe rassisme Bybels regverdig is! Met die stelling sê ek dus dat ek onreg haat, maar ook rassisme en seksisme.

  3. 16/03/2008 at 18:35

    Self steur ek my nie veel aan spesifiek rassisme nie, want liefde vir die eie is skynbaar ook rassisme, maar dit is verkeerd as ras veroorsaak dat haat tussen mense opvlam. Wat mens net bekommer oor die algemene neiging in rassisme, is dat dit net ‘n wit teenoor swart aangeleentheid is, wat natuurlik ten hemele skreeu. Dit kan volgens sekeres nooit andersom wees nie. Ek vertrou dat jou perspektief ook rasse-haat is en nie etniese realisme nie.

  4. 4 Nog Ene
    23/01/2009 at 15:28

    Ek’s ‘n ds en dit lyk my ek en jy sou glad nie goeie pelle wees nie, want dit lyk my ons is baie dieselfde. Ek dink net nie ek is ‘n grace-killer nie. Dalk eerder te liberaal as grace-killing. Soos jy sê (in dieselfde woorde as wat ek sou gebruik): ons verstaan eintlik boggerol daarvan. Ek is besig om een van jou preke te debs vir ‘n troue môre. Hoop nie jy “mind” nie.

  5. 29/02/2012 at 15:25

    Wil myself net kom voorstel. Ek het op aanbeveling en hulp van ‘n vriendin besluit om ons webwerf voortaan self te bestuur. Wat die bloggedeelte betref: Ek is nie ‘n skrywer van format, maar ek wil graag my ondervindinge van die wildplaas met almal deel. Dit is ‘n nuwe uitdaging vir my. Help gerus as jy sien ek trap klei. Ek sal soos die tyd dit toelaat by almal probeer uitkom.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Voer jou epos adres in om in te skryf tot hierdie blog en jy sal kennis kry van my nuwe blogs

Join 59 other followers

almanak

Mei 2012
M T W T F S S
« Mar    
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

wie dink saam

Blog Stats

  • 19,067 hits

argiewe

tags


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 59 other followers