Rom 5:1-11

28/02/2010

Inleiding

Daar kom altyd oomblikke in gelowiges se lewe dat hulle begin twyfel …

  • twyfel oor die krag van die Evangelie
  • twyfel oo die betekenis van die Evangelie
  • twyfel aan die effektiwiteit van die Evangelie

Selfs die dissipels het getwyfel.  En miskien die duidelikste voorbeeld was Joh in Joh 6: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag…”

‘n Mens sien selfs soms die silklus: bekering – opgewonde, vuur-en-vlam – ontnugtering.  Baie mense dink dat wanneer hulle tot bekering kom, alle probleme soos mis voor die son verskyn.  Wel, ongelukkig is dit nie waar nie, want deurdat jy tot bekering gekom het, het jy aktief die duiwel se vyand geword.  So, jy kan ten minste verwag om skielik betrokke te raak in ‘n geestelike oorlog – “ons stryd is immers nie teen vlees en bloed nie…”.  Dus, dis normaal!  Teëspoed, lyding, beproewing is deel van ‘n gelowige se lewe.  Trouens, Paulus verseker Timoteus dat dit nie net moontlik is nie, maar dat gelowiges “vervolg sal word” (2 Tim 3:12).  Helaas, as ‘n mens na die wêreld kyk, lyk dit of die kwaad net erger word. 

Hoekom is dit so? 

Wat moet ons daaroor dink?  Wel, ek dink (en natuurlik het ons nooit die finale antwoord nie, maar worstel ons maar met die Woord, met “ken ten dele”), :

  • eerstens: is dit nié God se straf op ons sonde nie want dan sou Christus se lyding verniet gewees het.  God se straf op die sonde, volgens Paulus in Rom 6:23, is die ewige dood.  Dis presies waarvoor Christus kom betaal het.  As God nog/weer moet straf, was Christus se lyding nie voldoende nie?; puur verniet gewees?  Nee, in my boekie is lyding, beproewing, teëspoed iets anders, maar nié God se straf op ons sonde nie.  In Christus is ons verlos, vergewe, volledig vrygespreek!, en dus nuwe mense.  Ja, dis ongelooflik, daarom kan ons die Here loof vir hierdie sekerheid!
  • wat ons wél kan sê is dat lyding/swaarkry/beproewing die neiging het om ons tot selfondersoek te dwing!  Dit dwing ons om na ons eie lewe en motiewe te kyk en te heroorweeg; deur die Woord en Gees “geweeg” te word, of dit in pas is met die Woord.  Dit dwing ons verder om alle hoop op Christus te plaas en NIE op onsself staat te maak nie.  Dit dwing ons na Christus; na “ek slaan my oë op na die berge, waarvandaan sal my hulp kom?  My hulp kom van die Here ….” (Ps 121). 
  • die gevolg hiervan is: dit help ons om verandering in ons lewe te laat plaasvind.  Deur lyding/swaarkry/beproewing word ons almeer nuwe mense; leer ons almeer nuwe etiek, nuwe gedrag, denke, lewenshouding. 

Slot

So, het die Evangelie sy krag verloor; sy effektiwiteit, betekenis?  Verseker nie!  Lyding kweek egtheid van geloof; en egtheid volharding! 

 

 


0 Responses to “lyding ly tot selfondersoek en groei”



  1. Lewer Kommentaar

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Voer jou epos adres in om in te skryf tot hierdie blog en jy sal kennis kry van my nuwe blogs

Join 59 other followers

almanak

Mei 2012
M T W T F S S
« Mar    
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

wie dink saam

Blog Stats

  • 19,067 hits

argiewe

tags


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 59 other followers