Eff 5; Gen 2:18-24; Ps 127:1

21/05/2011 – Huwelik

Inleiding

Die huwelik is in ‘n sin ‘n mini-samelewing; ‘n mini geloofsgemeenskap.  Terselfdertyd het die duiwel sy mes behoorlik in vir huwelike want hy wil lewens verwoes en in die proses mense (en hul getuienisse) neutraliseer.  Daarom “kla” hy ons ook gedurig aan; maak hy “ons stem stil”.  Oor die jare het ek 4 waarhede oor die huwelik geleer wat ek graag vandag wil deel.

1. Liefde

Liefde is nie net ‘n gevoel nie, aar ook ‘n wilsdaad.  Dis duidelik as ons sien hoeveel keer die Bybel ons die opdrag gee om mekaar lief te hê; selfs ons vyande.  Waar ons sou dink dat ‘n man en vrou van nature mekaar lief het (dis immers hoekom hulle uiteindelik besluit het om te trou), vind die Bybel dit nodig om mans en vroue opdrag te gee om mekaar lief te hê.  Dit sê net een ding – alhoewel dit van nature kom, is daar ‘n opdrag kant aan liefde binne die huwelik.  Daar waar jy skielik twyfel, geirriteerd raak…. daar raak dit ‘n opdrag want die huwelik is vir God uiters belangrik.  Dis ‘n mini-samelewing; die plek waar kinders voorberei word vir die lewe!

2. Mekaar se helpers

Die verhaal in Gen 2 vertel waar Adam al die diere moes name gee en dan verklaar dat hy nêrens een kon kry wat soos hy is nie, wat by hom pas nie.  Dan volg die skepping van die vrou en skielik “sing” Adam dit uit (in Hebreeus is dit in ‘n vorm van ‘n lied): “Nou is daar een soos ek…”  Julle is mekaar se helpers; julle is die een wat God aan jou gegee het wat jou “volledig” maak, wat jou help om jou volle potensiaal te laat ontwikkel.  Dis die een wat jou bystaan, verstaan, geduldig is, vriend en kameraad is.  Koester daardie verhouding – julle het mekaar nodig om “mens” te wees.

3. Vergifnis

Al is vandag so mooi en romanties, ons is ongelukkig nog nie in die hemel nie.  Vergifnis gaan daarom ook ongelukkig nodig wees.  Die Bybel sê ons moet mekaar vergewe “soos die Here julle vergewe het”.  Dis ‘n bykans onmoontlike opdrag!  Daar was en is geen oortreding wat jy kon begaan wat groter is as Jesus se vergifnis nie.  Daar is geen oortreding wat te groot is vir Jesus se kruis-dood nie.  So het Jesus jou vergewe; onvoorwaardelik.  Ja, selfs nadat jy dieselfde dinge oor-en-oor doen.  Hy hou nie boek nie; Hy tel nie.  Só moet julle mekaar vergewe!  Sewe maal?  Nee, 70 x 70 keer; m.a.w., wanneer jy vergeet het om verder boek te hou….  Leer om mekaar te vergewe, al het jy hoe seer gekry!

4. Egskeiding

Mal 2 is omtrent die krasste oor egskeiding in die Bybel: “God haat egskeiding“.  Een van God se bedoelings met die huwelik is om ‘n veilige ruimte te skep waar “Godly children”, m.a.w. ‘n nageslag vir Hom voorberei word.  Daarom moet ons alles in ons vermoë doen om ons huwelike te beskerm.  Dis die moeite werd; dis God se opdrag; dis Sy wil!  Ek het al talle kinders deur belydenisgroepe gehad; al talle kinders in jeugbediening mee gesels en nog nooit het ek kinders gesien wat bly is of as wenners uit ‘n egskeiding gestap het nie.  Ja, deur die genade herstel die Here wonderbaarlik lewens in talle gebroke huise; maar dis nie SY oorspronklike doel en plan gewees nie en ons moet daarteen waak met alle krag en mag tot ons beskikking!

Slot

Die huwelik is ‘n mini samelewing en ‘n mini geloofsgemeenskap.  Daar, in die huwelik, moet dieselfde beginsels geld:

  • liefde
  • vergifnis
  • weerstaan die duiwel
  • wees mekaar se helpers
  • bou mekaar op

Amen


2 Responses to “4 Waarhede vir die huwelik”


  1. 1 louis harding
    08/02/2012 at 11:48

    Ek wil hulp he my huwelik is op die rotse en ek is gebreek
    Beste groete
    Louis Harding
    Louis76harding@gmail.com

    • 2 Liza Nel
      20/03/2012 at 09:26

      Louis
      Ek kan getuig dat God bonatuurlik ingegryp het en my huwelik in Desember gered het. WANT die vyand wil steel en verwoes. Wat God saamgevoeg het kan GEEN mens skei nie, baklei vir jou huwelik baklei vir daardie beloftes wat julle voor God afgele het – spreek lewe in jou huwelik – LIEFDE bedek ALLES – God sal jou help om te vergewe … Ek bid vir julle en intussen kan ek vir jou Psalm 91 gee – skuil onder God se vlerk – HY sal jou die krag gee! Groter is Hy wat in jou is, as hy wat in die wereld is!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Voer jou epos adres in om in te skryf tot hierdie blog en jy sal kennis kry van my nuwe blogs

Join 59 other followers

almanak

Mei 2012
M T W T F S S
« Mar    
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

wie dink saam

Blog Stats

  • 19,067 hits

argiewe

tags


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 59 other followers