Ek is besig met ‘n boek wat my aandag getrek het omdat ek self al voor situasies gekom het waar ek besef het….die tradisionele “antwoorde” op etiese- en lewensvrae van goed-bedoelde gelowiges, werk eenvoudig nie! Onlangs het iemand ook my raad gevra op dinge wat mense vir hulle gesê het wat bedoel was as troos by die dood van hulle broer; dinge wat eenvoudig nie troos nie. Die boek, The Bible made Impossible, deur Christian Smith betoog dit: dat “American-Evangelicals”, Biblisiste die Bybel só interpreteer dat dit uiteindelik simplistiese antwoorde gee wat die Bybel se waardigheid aantas.
Archive for the 'genade' Category
Everything Works Together for our good (Rom 8:39): “And we know that in all things God works for the good of those who love Him” ….this is such a well known cliché that sometimes we do not recognize the enormous promise contained in it.
I have been asked to translate some of my blogs. So here comes…..
At present I am reading a book entitled “Om uit genade te leef” by Malan Nel, which is a great blessing and comfort to me. I (we all) struggle to forgive ourselves. Actually, we also struggle to forgive others! I have often wondered what connection there is between these two.
Wanneer is Jesus regtig gebore?
Daar is verskeie weergawes van wanneer Jesus nou regtig gebore is…..maar origens aanvaar meeste mense dat Jesus nie noodwendig 25 Desember gebore is nie. Sommige (meesal Israel-waarheid aanhangers) meen egter dat 25 Desember nie heeltemaal so ‘n neutrale datum is nie, maar eintlik afkomstig is van ‘n heidense fees en daarom vier diegene nie kersfees saam met die res van die wêreld nie.
die belhar belydenis
My ma (90+) bel my vanoggend en wil nou vir eens en vir altyd weet; wat is die storie oor die Belhar belydenis. Sjoe, vinnig moes ek my oggendbrein in rat kry om vir ‘n baie lojale NG lidmaat, wat geen erg het aan al die teologiese twisgesprekke nie en wie die grootste gedeelte van haar lewe in die ou SA deurgebring het, te verduidelik waaroor dit nou eintlik gaan.
God se wil?
Seker een van die moeilikste dinge van Christen-wees is om God se wil te vind, te verstaan, te ken. En in ‘n sekere sin is dit eintlik ook nie so moeilik nie. Soos ek dit vanoggend verstaan…..(en dis beslis nie die finale woord hieroor nie; oor God sal ons nooit klaar gedink en gepraat kan raak nie)!
oor die “lewe”
In aansluiting by ‘n vorige blog oor ons konsep oor God, of Vader-begrip… Hierdie is ‘n verdere aflewering van my notas op die boekie wat ek tans lees; om uit Genade te leef deur Malan Nel.
In die vorige blog was dit duidelik hoe belangrik die regte begrip van wie God regtig is en wat Hy vir ons gedoen het, is, want dit bepaal die kwaliteit van ons lewe.
Alles werk ten goede mee….
”Alles werk ten goede mee vir die wat Hy liefhet”…. Dis so ‘n oor-bekende, cliché dat ons soms nie die geweldige belofte daarin raak lees nie.
stenig hom, stenig hom!
Ons is vinnig om ander te veroordeel as hulle iets verkeerd gedoen het! En dan verskil ons ook nog oor presies wat is “vir ons” die ergste is, waaroor ONS iemand oor sal/wil stenig.
selfverwyt en self-vergifnis
Ek lees tans Malan Nel se boekie, Om uit Genade te Leef – wat ‘n heerlike troos en seën is dit nie nou vir my nie want sien……..ek (ons?) sukkel mos maar eintlik om onsself te vergewe! Eintlik sukkel ons ook dikwels om ander te vergewe! Ek het al gewonder hoe die twee met mekaar verband hou…..?
onlangse kommentaar