Archive for the 'bybel' Category

06
Mar
12

Egskeiding & Mal 2

Ek het al so baie oor egskeiding en Mal 2:16 gepreek en geskryf dat ek dink dit is uiters belangrik dat ek ook hierdie artikel deur Johan van der Merwe lys ter wille van balans. 

Volgens hierdie artikel is daar dalk ‘n heel ander verklaring / vertaling van die bekende Mal 2:16; wat ek heeltemaal aanvaar.  Ek reken egter nog steeds, al is dit dalk so dat die vertaling nie heeltemaal korrek is nie, is dit steeds dat God nie noodwendig egskeiding vryelik wil nie – immers, Hy is pro versoening tussen mense.  Daar is genoeg ander Bybelse verwysing daarvoor dat God inderdaad ‘n hoë premie op die huwelik stel en ek dink ook nie dit was Johan se oogmerk om die huwelik en belangrikheid daarvan te ontken nie.  Wat die artikel belangrik maak is dat daar natuurlik “lewe na egskeiding” is en behoort te wees.  En hoewel ek nog altyd sterk oorgekom het oor my saak dat ons regtig moet werk daaraan om nie te skei nie, ondersteun ek die artikel en die konklusie daarvan.

Ek hoop dit bring balans en troos waar nodig!

14
Feb
12

soveel hoofde soveel monde… oor ketters, panenteiste, agnostici en wat nog nie alles nie

Gister was een van daai FB dae…..jy weet mos, daardie dae wat jy een ding lees, wat lei na die volgende, en die volgende….en tussendeur heelwat interressante ontdekkings gemaak.  En uitendelik het ek tot die volgende gevolgtrekking gekom!

Lees aan ‘soveel hoofde soveel monde… oor ketters, panenteiste, agnostici en wat nog nie alles nie’

26
Jan
12

om te mag twyfel?

Die Kerkbode rapporteer onlangs dat die GKSA hul ‘n dwarsklap gegee het rondom voortgaande ekumeniese verhoudinge en dat dit nou slegter gaan as ooit tussen die twee kerke.  Blykbaar oor die “gevaar” van dwaalleer wat deur die verhouding met die NGK in die GKSA kan insluip.  Toegegee, dit is ‘n bietjie “far fetched”; ek meen, die GKSA het immers genoeg “wagters op die mure” wat dit sal kan voorkom….maar tog; tog het ek gevoel: NGK, julle het mos nou daarvoor gevra!  Dis mos nou gewoon die konsekwensie van ‘n twyfelagtige ondersoek-proses tydens die Ferdi Muller-sage; die konsekwensie van uitsprake en boeke wat deur vooraanstaande teoloë van die NGK geskryf word waaroor die kerk as liggaam dood stil is; te veel vreemde stemme uit die kerk.  Te veel mense het gewonder oor die geldigheid van die ondersoek; van “buddies’ wat mede-”buddies” ondersoek, ens.  En ons ken mos maar die ou gesegde: “waar daar ‘n rokie is, is daar mos maar ‘n ou vuurtjie wat broei“.

Lees aan ‘om te mag twyfel?’

24
Jan
12

Fundamentalisme – grootste bedreiging vir die kerk. Regtig?

Ek lees onlangs twee ouerige artikels oor Fundamentalisme, (nr 1 en nr 2) wat toe ook weer hul kop uit steek in ‘n vurige gesprek op die Kerkbode se FB blad.  Hoewel die artikels vanuit ‘n goeie wetenskaplike aanslag geskryf word, was ek tog getref deur die eensydige vertrekpunt van beide skrywers.  Trouens, dit het my net weer laat besef hoe ‘n persoon se vertrekpunt alles bepalend is, selfs al gebruik jy van die beste wetenskaplike metodologie in jou beredenering – jou vertrekpunt gaan die uitslag bepaal.  Wat jy wil bewys, gaan/kan jy bewys.  Geen wonder dat die post-modernisme teenoor die modernisme verklaar dat daar geen absolute waarhede is nie; selfs nie in die wetenskap nie (en ironies genoeg is so ‘n stelling ‘n contradictio in terminus, want dit maak ‘n “absolute” stelling dat daar geen absolute waarheid is nie).  ‘n Stelling is alleenlik waar in die baie spesifieke omgewing waarin ek dit getoets het, maar dit kan ‘n baie subjektiewe omgewing wees.  Hierdie twee artikels het my net weer laat besef dat ons pens en pootjies binne-in die post-modernisme staan.

Lees aan ‘Fundamentalisme – grootste bedreiging vir die kerk. Regtig?’

01
Jan
12

simplistiese bybel interpretasie…?

Ek is besig met ‘n boek wat my aandag getrek het omdat ek self al voor situasies gekom het waar ek besef het….die tradisionele “antwoorde” op etiese- en lewensvrae van goed-bedoelde gelowiges, werk eenvoudig nie!  Onlangs het iemand ook my raad gevra op dinge wat mense vir hulle gesê het wat bedoel was as troos by die dood van hulle broer; dinge wat eenvoudig nie troos nie.  Die boek, The Bible made Impossible, deur Christian Smith betoog dit: dat “American-Evangelicals”, Biblisiste die Bybel só interpreteer dat dit uiteindelik simplistiese antwoorde gee wat die Bybel se waardigheid aantas.

Lees aan ‘simplistiese bybel interpretasie…?’

31
Dec
11

Die Woord van God

Ek lees vanoggend die Bybel op my Smart Phone (Slim Foon) terwyl ek nog snoesig in die bed lê, en net voor ek af sit, vang my oog iets op die onder-ent van die skerm.

Lees aan ‘Die Woord van God’

29
Dec
11

The will of God

Without doubt, one of the most difficult things about being a  Christian is to find, understand and know the will of God. But in a certain sense, it is not all that difficult.  As I understand it know… (and this is definitely not the final word about it, for we can never stop thinking about it and discussing it), there is an “easy” and a “difficult”  side to knowing the will of God. 

Continue reading here….

Afrikaans version is here

 

26
Dec
11

Wanneer is Jesus regtig gebore?

Daar is verskeie weergawes van wanneer Jesus nou regtig gebore is…..maar origens aanvaar meeste mense dat Jesus nie noodwendig 25 Desember gebore is nie.  Sommige (meesal Israel-waarheid aanhangers) meen egter dat 25 Desember nie heeltemaal so ‘n neutrale datum is nie, maar eintlik afkomstig is van ‘n heidense fees en daarom vier diegene nie kersfees saam met die res van die wêreld nie.

Lees aan ‘Wanneer is Jesus regtig gebore?’

21
Nov
11

egte spiritualiteit

Jos Douma lewer kommentaar op sy nuutste blog, oor ‘n stelling wat James Kennedy sou gemaak het, naamlik dat hy (Kennedy) op soek is na ‘n kerk wat hom askese kan leer; terugtrekking in ‘n soort van ‘n kloosterdom.

Ek lei af dat Kennedy daarmee bedoel dat hy ‘n behoefte het om stil te word.  Om dit te bereik is sy voorstel dat kerke soos kloosters moet word om daardie ruimte aan lidamte te bied.  Jos Douma som dit so op:

Lees aan ‘egte spiritualiteit’

18
Nov
11

Kort opsomming van Belhar

‘n Afgetrede leraar van die VGK, Ds Chris Erasmus het hierdie opsomming van die Belydenis van Belhar opgestel.  Ek plaas, soos dit gepubliseer is op die Belydenis van Belhar se webwerf.

Lees aan ‘Kort opsomming van Belhar’




Voer jou epos adres in om in te skryf tot hierdie blog en jy sal kennis kry van my nuwe blogs

Join 59 other followers

almanak

Mei 2012
M T W T F S S
« Mar    
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

wie dink saam

Blog Stats

  • 19,067 hits

argiewe

tags


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 59 other followers