Ek lees onlangs ‘n artikel van Phil Zuckerman waarin hy beweer dat navorsing bewys dat ateiste meer verdraagsaam en tollerant is vir alternatiewe opinies, minder bevooroordeeld, meer “open-minded”, ondersteunend vir “social justice” (p. 953).
As ek na die gesprekvoering binne die kerk kyk rondom alternatiewe geloofskwessies, moet ek toegee dat dit soms sekerlik so is. Die tragiese is dat dit die kerk is wat veronderstel is om sekere van hierdie maatskaplike issues te dryf; ruimte te hê; ‘n groter verdraagsaamheid te bewys. Dis mos juis die kerk wat die veilige hawe moet wees vir alternatiewes. Daar moet mos ook ruimte vir andersdenkendes in die kerk te wees. Dis mos die kerk wat onreg, armoede en die uitbuiting van mense moet aanspreek. Ongelukkig was dit, en is dit meestal die kerk wat ongenadiglik en onverdraagsaam veroordeel. Dit is jammer en ek wens gelowiges (want dis mos maar die kerk) wil soms ‘n bietjie sagter oordeel – dit is tog immers nie ons werk nie! Ek vra nie dat sonde reg genoem moet word nie, maar net sagter oordeel en ruimte maak vir mense se geloofsworstelings.
Maar, ek wil ook verskil van hierdie navorsing van Zuckerman. Ek was die afgelope tyd op ‘n faceboek-blad betrokke by gesprekke met mense wat die hele spektrum van geloof verteenwoordig – van fundamentalis —– na behoudend ——— na modern ——– na vry-denkend —– na ongelowig ———- tot by ateis. Wat my egter verstom het in hierdie gesprekke was die onverdraagsaamheid van die, kom ons noem hulle die ateiste as ‘n versamelnaam vir die ander kant van die spektrum. In elke koement en inskrywing gaan hulle uit hulle pad uit om die naiewe en belaglike geloofstradisie van gelowiges te verkleineer. Hulle eien hulle die reg toe om persoonlik te raak en alles wat vir gelowiges saak maak, sleg te sê. Hulle verwys gedurig na die leuens van predikante, na die “breinspoeling” waaraan gelowiges onderwerp is en steeds word; en hoe “stupid” gelowiges is om daarvoor te val en nie vir hulleself te dink nie; met die veronderstelling dat hulle die enigstes is wat nou al verder gedink het en dankie-tog, bevry is van hierdie god se wolhaarstories. ‘n Mens sou dink hulle neem maar net deel aan die kerk se blaaie ter wille van die gesprek, maar dit blyk (so het een dit reguit gestel) dat hulle daarop uit is om nie net deel te neem aan ‘n gesprek nie, maar gelowiges te oortuig om saam met hulle, God en geloof vaarwel te roep. Hulle is uit op ‘n kruistog….
Natuurlik is dit goed dat gelowiges ook gekonfronteer word met hulle eie geloofsgoedere – ek is ‘n groot voorstaander daarvoor want dit is juis te midde van sulke konfrontasie dat jy regtig dieper dink, soms goeters beraagteken en tot ‘n meer oortuigde en suiwer antwoord en geloof kom. Dikwels is dit wat gelowiges glo die goed wat hulle maar by ander gehoor het, maar weet nie hoe om dit self te beantwoord wanneer hulle daarmee gekonfronteer word nie. So onthou ek toe die gesprek oor die opstanding van Jesus die eerste keer voorgekom het, hoeveel gelowiges kon nie regtig antwoord waarom die opstanding vir hulle saak maak nie; dieselfde geld vir ander issues. In gesprek met mense wat jou geloofsgoedere bvraagteken, kan vir sommige ‘n goeie oefening wees. Ek sou dink dat die enigste voorbehoud is dat jy dalk nie moet deelneem as jy nie seker is van waarin jy glo nie, want sulke gesprekke het die vermoë om regtig jou fondamente te skud.
Gesprek is belangrik en interressant, maar my ervaring is dat die “ateiste” telkens hierdie kerk-gesprekke kaap vir hul eie gewin. So het die NG kerk haarself al voorheen gedistansieer van sulke gespreksforums. Miskien moet die kerk twee forums in stand hou – een wat oop is en een wat geslote is.
Definisies:
- Ateis: “…is someone who doesn’t believe in God and/or finds the very concept of God meaningless or incoherent.” (Baggini 2003)
We are never in a position to choose directly between theism and atheism, since the choice as such is located within the field of belief. “Atheism” (in the sense of deciding not to believe in God) is a miserable pathetic stance of those who long for God but cannot find him (or who “rebel against God”…). A true atheist does not choose atheism: for him, the question itself is irrelevant.” (Zizek).
“If there is no God, then everything is prohibited”. (Zizek, S., 2010)
“… meaning that atheists or non-believers in striving after the metaphysically ideal are reaching closer to the divine and thus have a much more genuine and purer form of prayer, that of rational contemplation or deliberation.” (Reference) - Agnostikus: “…is someone who is unsure or undecided about the existence of God, or who believes that there are certain matters – such as existence of God – that are beyond the scope of human knowledge and comprehension.” (Eller 2005)
- secular: “…person is someone who is non-religious, irreligious, or generally uninterested in, indifferent to, or oblivious to religious beliefs, activities and organisations.” (Kosmin 2007)
Verwysing:
- Baggini, J. (2003). Atheism: A verys hort introduction. New York, NY: Oxford University Press.
- Eller, D. (2005). Natural atheism. Cranford, New Jersey: American Atheist Press.
- Kosmin, B. (2007). Contemporary Secularity and Secularism. In Secularism and Secularity: Contemporary International Perspectives, edited by B. Kosmin and A. Keysar, Hartford, CT: Institute for Study of Secularism in Society and Culture.
- Zizek, S. (2006). Why Only an Atheist Can Believe. Calvin lecture.
- Zizek, S. (2010). Why only atheis can be Christian. Princeton lecture.
- Zuckerman, P., (2009). Atheism, Secularity and Well-being : How the findings of social science counter negative stereotypes and assumptions. In Sociology Compass, 3/6 (2009), pp. 949-971.
***
onlangse kommentaar