Archive for the 'filosofie' Category

26
May
12

The Spear of the Nation

Brett Murray se veelbesproke skildery van Jacob Zuma (JZ) is nou al amper holrug gery.  Dog, ek verstom my oor hoe verskillend die skildery geïnterpreteer.

Aan die een kant, kry jy die groep wat Brett Murray afmaak as ‘n rassis.  Iemand skryf dat dit ‘n tipering is van ‘n beheptheid van swart mense met seks; asof hulle “primieval” drange en gebruike seksueel geinterpreteer moet word (interressant, in ‘n groepsbespreking kon die groep swart studente egter nie verduidelik waarom piepie in die openbaar oraait is as daar so ‘n hoë agting/respek vir die swartman se “spear” is nie).   Persoonlik klink dit eerder of Gillian Schutte ‘n Freudiaanse issue met “size” het, en terloops, dis nie so groot geskilder nie!  Wat die grootte nou met rassisme en die witman se skynbare lae selfbeeld op hierdie gebied met die saak te doen het, sal niemand kan verduidelik nie – nie eers Gillian kan nie.  ‘n Volgende vat dit nie sover terug nie, maar beklemtoon ook ‘n skynbare wit rassistiese siening van swart mense wat ten diepste die basis vorm vir hierdie skildery.   Uit die swart pers is dit uit en uit rassisties – hulle toon geen begrip vir die sosiale kommentaar wat Brett Murray wou oordra nie

Aan die ander is daar diegene wat meestal ‘n saak het met die “uithang-spear” en konsentreer op die spraak-vryheid van die pers en kunstenaars.  Natuurlik is elke reg gekoppel aan ‘n verantwoordelikheid en teen-regte.  Netsoos iemand die reg het om te sê wat hy/sy wil, is daar die verantwoordelikheid om nie die reg daarmee van iemand anders te ontneem nie.  Iemand het dit so gestel: die skildery kan hoe waar wees, maar dit tas sy eer aan “dignity” aan wat ‘n basiese menslike reg is.

Dan is daar Brett Murray self: in sy affidavit wat hy ingedien het in die hofaansoek sê hy dat hy geensins ‘n rassis is nie.  Trouens, hy was ‘n lid van die ANC en het selfs deelgeneem aan die “struggle“, maar dat hy intussen ontnugter geraak het in die ANC het wou met die skildery kommentaaar lewer.  Volgens hom gaan dit dan nie oor die “spear” nie, maar oor die patriargisme, die “wegkyk” van die leier van die ANC op die pleit van die arme en onderdrukte.  Iewers het ek ook gelees dat baie min mense eintlik die dieper boodskap regtig verstaan.

Die vraag wat egter ook by my opgekom het was: waarom was daar geen soortgelyke reaksie op Ayanda Mabulu (LOL, sy naam beteken direk vertaal, die Afrikaners is besig om uit te brei) se skildery wat eweneens JZ (onder andere) se “spear” op krukke (omdat dit oorwerk is) ten toon gestel het.  ‘n Swart skrywer meen dit is omdat swart kuns nie ernstig opgeneem word nie; dat mense dink swartes nie in staat is tot so ‘n vlak van satiriese kuns nie.  Nou, as dit nie tipies rassisme is nie, weet ek nie.  Ek reken egter dat daar ‘n ander rede daarvoor is; of, ek kan ook dan vanuit ‘n wit perspektief dieselfde raskaart gooi en sê; dis omdat dit deur ‘n swarte geskilder is, dat niemand beswaar gehad het nie, maar omdat Brett Murray se skildery deur ‘n witte geskilder is, is daar bohaai.  M.a.w., as jy swart is, kan jy nie ‘n rassis wees nie; net wit mense is rassiste (so het iemand dit woord-vir-woord eendag aan my verduidelik).  Nou dis natuurlik, in my opinie, niks anders as pure snert nie.  Swart mense is meer-en-meer geneig tot rassisme.  As ‘n swart die K-woord gebruik, is dit OK maar behoede die witman….

So, waar staan jy want ek sit tussen 2 vure: aan die een kant dink ek ook dat die skildery ietwat te vêr gegaan het met die “spear“, onsmaakvol.  Maar aan die ander kant, veral as die dieper betekenis verduidelik word, maak die skildery almeer sin.

&&&

Verwysings:
Net ‘n paar wat ek gelees het, google gerus vir meer opinies

  1. The president’s penis - Gillian Schutte
  2. The ANC’s best friend
  3. Defacing race and culture : the spear and politics of represnetation
  4. The polarising penis
  5. The president who became a joke
  6. Brett Murray
  7. Spare us the schoolboy satire
  8. ANC’s thin skin
  9. Zuma and the right to dignity
25
Mar
12

Onverdraagsaamheid van ateiste

Ek lees onlangs ‘n artikel van Phil Zuckerman waarin hy beweer dat navorsing bewys dat ateiste meer verdraagsaam en tollerant is vir alternatiewe opinies, minder bevooroordeeld, meer “open-minded”, ondersteunend vir “social justice” (p. 953). 

As ek na die gesprekvoering binne die kerk kyk rondom alternatiewe geloofskwessies, moet ek toegee dat dit soms sekerlik so is.  Die tragiese is dat dit die kerk is wat veronderstel is om sekere van hierdie maatskaplike issues te dryf; ruimte te hê; ‘n groter verdraagsaamheid te bewys.  Dis mos juis die kerk wat die veilige hawe moet wees vir alternatiewes.  Daar moet mos ook ruimte vir andersdenkendes in die kerk te wees.  Dis mos die kerk wat onreg, armoede en die uitbuiting van mense moet aanspreek.  Ongelukkig was dit, en is dit meestal die kerk wat ongenadiglik en onverdraagsaam veroordeel.  Dit is jammer en ek wens gelowiges (want dis mos maar die kerk) wil soms ‘n bietjie sagter oordeel – dit is tog immers nie ons werk nie!  Ek vra nie dat sonde reg genoem moet word nie, maar net sagter oordeel en ruimte maak vir mense se geloofsworstelings.

Maar, ek wil ook verskil van hierdie navorsing van Zuckerman.  Ek was die afgelope tyd op ‘n faceboek-blad betrokke by gesprekke met mense wat die hele spektrum van geloof verteenwoordig – van fundamentalis —– na behoudend ——— na modern ——– na vry-denkend —– na ongelowig ———- tot by ateis.  Wat my egter verstom het in hierdie gesprekke was die onverdraagsaamheid van die, kom ons noem hulle die ateiste as ‘n versamelnaam vir die ander kant van die spektrum.  In elke koement en inskrywing gaan hulle uit hulle pad uit om die naiewe en belaglike geloofstradisie van gelowiges te verkleineer.  Hulle eien hulle die reg toe om persoonlik te raak en alles wat vir gelowiges saak maak, sleg te sê.  Hulle verwys gedurig na die leuens van predikante, na die “breinspoeling” waaraan gelowiges onderwerp is en steeds word; en hoe “stupid” gelowiges is om daarvoor te val en nie vir hulleself te dink nie; met die veronderstelling dat hulle die enigstes is wat nou al verder gedink het en dankie-tog, bevry is van hierdie god se wolhaarstories.  ‘n Mens sou dink hulle neem maar net deel aan die kerk se blaaie ter wille van die gesprek, maar dit blyk (so het een dit reguit gestel) dat hulle daarop uit is om nie net deel te neem aan ‘n gesprek nie, maar gelowiges te oortuig om saam met hulle, God en geloof vaarwel te roep.  Hulle is uit op ‘n kruistog….

Natuurlik is dit goed dat gelowiges ook gekonfronteer word met hulle eie geloofsgoedere – ek is ‘n groot voorstaander daarvoor want dit is juis te midde van sulke konfrontasie dat jy regtig dieper dink, soms goeters beraagteken en tot ‘n meer oortuigde en suiwer antwoord en geloof kom.  Dikwels is dit wat gelowiges glo die goed wat hulle maar by ander gehoor het, maar weet nie hoe om dit self te beantwoord wanneer hulle daarmee gekonfronteer word nie.  So onthou ek toe die gesprek oor die opstanding van Jesus die eerste keer voorgekom het, hoeveel gelowiges kon nie regtig antwoord waarom die opstanding vir hulle saak maak nie; dieselfde geld vir ander issues.  In gesprek met mense wat jou geloofsgoedere bvraagteken, kan vir sommige ‘n goeie oefening wees.  Ek sou dink dat die enigste voorbehoud is dat jy dalk nie moet deelneem as jy nie seker is van waarin jy glo nie, want sulke gesprekke het die vermoë om regtig jou fondamente te skud. 

Gesprek is belangrik en interressant, maar my ervaring is dat die “ateiste” telkens hierdie kerk-gesprekke kaap vir hul eie gewin.  So het die NG kerk haarself al voorheen gedistansieer van sulke gespreksforums.  Miskien moet die kerk twee forums in stand hou – een wat oop is en een wat geslote is.

Definisies:

  • Ateis: “…is someone who doesn’t believe in God and/or finds the very concept of God meaningless or incoherent.” (Baggini 2003)
    We are never in a position to choose directly between theism and atheism, since the choice as such is located within the field of belief. “Atheism” (in the sense of deciding not to believe in God) is a miserable pathetic stance of those who long for God but cannot find him (or who “rebel against God”…).  A true atheist does not choose atheism: for him, the question itself is irrelevant.” (Zizek).
    “If there is no God, then everything is prohibited”. (Zizek, S., 2010) 
    “… meaning that atheists or non-believers in striving after the metaphysically ideal are reaching closer to the divine and thus have a much more genuine and purer form of prayer, that of rational contemplation or deliberation.” (Reference)
  • Agnostikus: “…is someone who is unsure or undecided about the existence of God, or who believes that there are certain matters – such as existence of God – that are beyond the scope of human knowledge and comprehension.” (Eller 2005)
  • secular: “…person is someone who is non-religious, irreligious, or generally uninterested in, indifferent to, or oblivious to religious beliefs, activities and organisations.” (Kosmin 2007)

Verwysing:

  1. Baggini, J. (2003). Atheism: A verys hort introduction. New York, NY: Oxford University Press.
  2. Eller, D. (2005). Natural atheism.  Cranford, New Jersey: American Atheist Press.
  3. Kosmin, B. (2007).  Contemporary Secularity and Secularism.  In Secularism and Secularity: Contemporary International Perspectives, edited by B. Kosmin and A. Keysar, Hartford, CT: Institute for Study of Secularism in Society and Culture.
  4. Zizek, S. (2006).  Why Only an Atheist Can Believe. Calvin lecture.
  5. Zizek, S. (2010).  Why only atheis can be Christian.  Princeton lecture.
  6. Zuckerman, P., (2009).   Atheism, Secularity and Well-being : How the findings of social science counter negative stereotypes and assumptions.  In Sociology Compass, 3/6 (2009), pp. 949-971.

***

14
Feb
12

soveel hoofde soveel monde… oor ketters, panenteiste, agnostici en wat nog nie alles nie

Gister was een van daai FB dae…..jy weet mos, daardie dae wat jy een ding lees, wat lei na die volgende, en die volgende….en tussendeur heelwat interressante ontdekkings gemaak.  En uitendelik het ek tot die volgende gevolgtrekking gekom!

Lees aan ‘soveel hoofde soveel monde… oor ketters, panenteiste, agnostici en wat nog nie alles nie’

24
Jan
12

Fundamentalisme – grootste bedreiging vir die kerk. Regtig?

Ek lees onlangs twee ouerige artikels oor Fundamentalisme, (nr 1 en nr 2) wat toe ook weer hul kop uit steek in ‘n vurige gesprek op die Kerkbode se FB blad.  Hoewel die artikels vanuit ‘n goeie wetenskaplike aanslag geskryf word, was ek tog getref deur die eensydige vertrekpunt van beide skrywers.  Trouens, dit het my net weer laat besef hoe ‘n persoon se vertrekpunt alles bepalend is, selfs al gebruik jy van die beste wetenskaplike metodologie in jou beredenering – jou vertrekpunt gaan die uitslag bepaal.  Wat jy wil bewys, gaan/kan jy bewys.  Geen wonder dat die post-modernisme teenoor die modernisme verklaar dat daar geen absolute waarhede is nie; selfs nie in die wetenskap nie (en ironies genoeg is so ‘n stelling ‘n contradictio in terminus, want dit maak ‘n “absolute” stelling dat daar geen absolute waarheid is nie).  ‘n Stelling is alleenlik waar in die baie spesifieke omgewing waarin ek dit getoets het, maar dit kan ‘n baie subjektiewe omgewing wees.  Hierdie twee artikels het my net weer laat besef dat ons pens en pootjies binne-in die post-modernisme staan.

Lees aan ‘Fundamentalisme – grootste bedreiging vir die kerk. Regtig?’

01
Jan
12

simplistiese bybel interpretasie…?

Ek is besig met ‘n boek wat my aandag getrek het omdat ek self al voor situasies gekom het waar ek besef het….die tradisionele “antwoorde” op etiese- en lewensvrae van goed-bedoelde gelowiges, werk eenvoudig nie!  Onlangs het iemand ook my raad gevra op dinge wat mense vir hulle gesê het wat bedoel was as troos by die dood van hulle broer; dinge wat eenvoudig nie troos nie.  Die boek, The Bible made Impossible, deur Christian Smith betoog dit: dat “American-Evangelicals”, Biblisiste die Bybel só interpreteer dat dit uiteindelik simplistiese antwoorde gee wat die Bybel se waardigheid aantas.

Lees aan ‘simplistiese bybel interpretasie…?’

21
Nov
11

egte spiritualiteit

Jos Douma lewer kommentaar op sy nuutste blog, oor ‘n stelling wat James Kennedy sou gemaak het, naamlik dat hy (Kennedy) op soek is na ‘n kerk wat hom askese kan leer; terugtrekking in ‘n soort van ‘n kloosterdom.

Ek lei af dat Kennedy daarmee bedoel dat hy ‘n behoefte het om stil te word.  Om dit te bereik is sy voorstel dat kerke soos kloosters moet word om daardie ruimte aan lidamte te bied.  Jos Douma som dit so op:

Lees aan ‘egte spiritualiteit’

25
Aug
11

volkstaat, VVK ???

‘n Jong man was met my in gesprek oor die VVK, die “Afrikaner moord” (wat’s dit?) ens.  Sommer ‘n paar uittreksels uit die email-gesprek…

“het oom gaan lees wat sê die VVK?”

Lees aan ‘volkstaat, VVK ???’

23
Aug
11

stenig hom, stenig hom!

Ons is vinnig om ander te veroordeel as hulle iets verkeerd gedoen het!  En dan verskil ons ook nog oor presies wat is “vir ons” die ergste is, waaroor ONS iemand oor sal/wil stenig.

Lees aan ‘stenig hom, stenig hom!’

13
Aug
11

selfverwyt en self-vergifnis

Ek lees tans Malan Nel se boekie, Om uit Genade te Leef – wat ‘n heerlike troos en seën is dit nie nou vir my nie want sien……..ek (ons?)  sukkel mos maar eintlik om onsself te vergewe!  Eintlik sukkel ons ook dikwels om ander te vergewe!  Ek het al gewonder hoe die twee met mekaar verband hou…..?

Lees aan ‘selfverwyt en self-vergifnis’

11
Aug
11

internet en geloof

Die bekende teoloog, Josh McDowell sou blykbaar gesê het dat die internet die grootste bedreiging vir Christene inhou.  Ek verskil…..dit dwing ons om opnuut te DINK.

Lees aan ‘internet en geloof’




Voer jou epos adres in om in te skryf tot hierdie blog en jy sal kennis kry van my nuwe blogs

Join 59 other followers

almanak

Mei 2012
M T W T F S S
« Mar    
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

wie dink saam

Blog Stats

  • 19,067 hits

argiewe

tags


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 59 other followers