Laat ek net eers introduce: ek het ‘n passie vir jongmense en was ‘n jeugleraar.
Ek onthou vandat ons getroud was in die 80′ers, was ek teen die “Geen kinders” huwelike. Toe was die wêreld nog kwaai kinder-onvriendelik:
Hugo het hier ‘n klompie vrae gevra na aanleiding van ‘n baie negatiewe kommentaar deur gerrie lombaard op johan de villiers se brig in die onlangste Rapport.
rapport artikel hier
negatiewe kommentaar van ene en hugo se uitlokkende vrae hier
Goeie vrae. Hoop nogal mense neem deel. ekself:
Ek lees in die Beeld van 19 Januarie 2008 onder die opskrif: “Hofmeyr te warm vir PNA” die volgende oor Steve Hofmeyr se nuwe boek, Jêmbekseep:
‘n Aanhaling uit dié boek, wat PNA van hul rakke afgehaal het, klink so:
” ‘Het God nie self die doodstraf ingestel nie?’, vra jy. Ja, Hy’t ook skulpvis en gays verdoem, stout kinders laat stenig, kinders deur bere laat opvreet, Sy Seun vermoor en, met voorkennis, ‘n wêreld geskep waarop Bart Simpson sou kon verbeter. Dan stuur hy Sy Seun om ons te verlos van dieselfde ding wat ons nie goede maak nie, sonde. En is Mugabe, hongersnood, kinderverkragters en die Midde-Ooste die beste waarmee ‘n Almagtige vorendag kan kom?”
Afskrif van ‘n Brief aan Laevelder gestuur in 2007
Ek verwys na die bydra in in Die Laevelder van 27 April 2007, “Can I get a Mexican?”. Ek wil nie by die debat or homoseksualiteit betrokke raak nie, maar wel by die interpretasie van die Ou Testament, soos dit aangehaal is in bogenoemde bydrae, in die nou al bekende verwysings na Lev 1:9, Eks 21:7, Lev 15:19-24, Lev 25:44, Eks 35:2, Lev 11:10, Lev 21:20, Lev 11:6-8, Lev 19:9 en Lev 24:10-16.
Sulke verwysings is dalk snaaks, maar maak eintlik ‘n bespotting van die Ou Testament as ‘n irrelevante geskrif vir die 21ste eeu. Hierdie verwysings bewys presies die rede waarom die Ou Testament binne sy konteks gelees moet word. Net 1 voorbeeld: Eks 21:7 eis nie dat ‘n man sy dogter as slavin verkoop nie. Dit gaan egter eerder oor reëlings wanneer sy vrygelaat word. Die konteks help om die gedeelte te verstaan.
Wanneer van “konteks” gepraat word, is daar onmiddellik die beswaar dat ‘n mens die Bybel “weg verklaar” en van sy gesag beroof. Die teendeel is eerder waar. Deur die Ou Testament in konteks te lees en te verstaan, verhoog juis die relevansie van die Ou Testament want deur die korrekte interpretasie maak sulke verwysings, soos deur die briefskrywer gebruik, sin.
Tweedens moet nie vergeet word dat die Ou Testament geskryf is aan ‘n spesifieke volk in ‘n tydvak voor Christus nie. Weereens water dit nie die woorde van die Ou Testament af nie maar verduidelik dit sodat die werklike boodskap daaruit duidelik word. Sodoende word die gesag daarvan juis verhoog. Christus se koms het die Ou Testament nie gekanselleer nie, maar die streng wettiese voorsrkifte, soos dié waarna gereeld verwys word in die homoseksualiteit debat, vervul. Christus het kom wys dat die gees/bedoeling steeds geldig is om medemenslikheid en saam leef te bevorder, maar dat die presiese letterlike nakoming daarvan nie meer van toepassing is nie omdat Hy die hele wet deur sy lewe en sterwe kom vervul het. Die nakoming daarvan gaan nie mense met God versoen nie (dit is nie in staat daartoe nie), maar Christus versoen ons met God.
Die derde belangrike punt in hierdie gesprek is dat die Levitiese wette en God se toorn oor homoseksualiteit tog duidelik nie op dieselfde vlak is nie. Die Levitiese wette is maatreels wat gegee is aan ‘n volk in ‘n nuwe tydvak van hulle bestaan – hulle het pas die beloofde land ingeneem. Die verwysing na homoseksualiteit is nie ‘n wet (soos in Levitikus) nie, maar ‘n vertelling van God se woede oor dit wat in Sodom in Gomorra gebeur het. Daar is ook Nuwe Testamentiese verwysings na homoseksualiteit, maar geen Nuwe Testamentiese verwysing na die moontlikheid om my dogter as slavin te verkoop, of my buurman wat gras sny op sondae, dood te maak nie.
Ek wil dus pleit dat ons verantwoordelik met die Bybel en interpretasie sal omgaan en onsself daarvan sal weerhou van “Bible Bashing” – om ander te “slaan met die Woord”.
Groete
Brief geskryf aan die Beeld en die Kerkbode rondom die NGK en VGK se gesprekke oor eenheid en die Belhar belydenis.
Die Redakteur
Noudat die belydenisskrife van die kerk op die tafel van die NG kerk is a.g.v. die eenheidsgesprek met die VGK en dié kerk se aandrang op die aanvaarding van die Belhar belydenis, vind ek die gesprek rondom die belydenisskrifte verblydend dog ook vreemd.
Verblydend omdat ons ‘n belydeniskerk is. Deur die belydenisskrifte gee ons identiteit aan ons gereformeerdheid.
Aan die ander kant vreemd omdat daar ook so min van die belydenisskrifte tot hul reg kom in die kerk. Ek noem graag ‘n paar voorbeelde:
En dan is daar nog die Dordtse Leerreëls en die uitverkiesing wat ook in berekening gebring moet word.
Weliswaar is daar in die belydenissskrifte sake en teksverwysings waaroor ons vandag met mekaar in gesprek sou kon tree. Daarom is dit belangrik dat ons nie die belydenisskrifte as kanon beskou nie. En juis daarom is dit ook belangrik dat ons oop moet wees om te herformuleer, en selfs bereid moet wees om ‘n eietydse belydenis op te stel, een wat nie teenoor die 3 Formuliere van Eenheid staan nie, maar dit juis aanvul vir ‘n nuwe tyd. En dan word die gesprek rondom Belhar natuurlik heeltemal relevant.
Ons kan nie die Belhar belydenis verwerp op grond van die feit dat ons getrou aan die 3 Formuliere van Eenheid is, maar niemand weet eens meer wat die 3 Formuliere is of wat die inhoud daarvan is nie, en d it word nie meer geleer en gepreek nie.
Kom ons wees dus konsekwent: Of ons staan en val by die 3 Formuliere van Eenheid, of ons erken dat daar nie tot in ewigheid klaar geformuleer is nie, en ons maak ruimte vir her-formulerings en byvoegings. Maar kom ons staan en val wél by die Woord, as die enigste gesagvolle Woord van God!
***
Gelowiges moet eerder hande vat
5/27/2004 1:17:00 PM
Ek reageer graag op die brief van Wieko Waldemar in Vrydag 14 Mei se Laevelder. Vergun my enkele opmerkings oor die skrywer se aanval op die NG-kerk in “Leser gee sy mening oor die doop”.
Dit is jammer dat die doop weereens `n saak is wat verdeeldheid saai onder mense. Ek het dan gedink ons as Christene in Suid-Afrika het nou al “groot” geword en dat daar ander sake is wat eerder aandag moet kry as gesprekke en verdeeldheid oor die doop.
Interressant dat die Hebreër-skrywer die sake soos die doop, as sake beskou wat nog by mense pas wat “onervare in die woord van geregtigheid” is en nog “melkkos” eet (Heb.5:12-6:2). Sake soos God se barm-hartigheid teenoor mense, soos dat ons die evangelie moet verkondig aan alle mense, soos die eis om onreg uit te roei in die samelewing, is sake wat eerder aangespreek moet word. Nou val ons weereens vas oor twisgesprekke oor die doop en maak ons die Christendom bespotlik vir die wêreld.
Die skrywer suggereer dat die NG-kerk met sy leer oor die kinderdoop dalk `n vals kerk kan wees (skrywer se verwysing na Gamaliël in Hand.5 en Mark.7:7). Ek lees egter dat die maatstaf waarmee `n kerk geoordeel word of dit waar of vals is, is of Jesus Christus as God se Seun en Verlosser verkondig word. Ek kan met eerlikheid sê dat ek as leraar nog nooit enigiets anders verkondig het as die opgestane en verheerlikte Jesus Christus as Verlosser nie. En ja, dit sluit die opstanding van Jesus in!
Ek is ook oortuig daarvan dat dit die geval is in 99% van die NG-gemeentes. Dit is in elk geval waar ten opsigte van die amptelike uitsprake en belydenisskrifte van dié kerk. Ek glo dus met my hele hart dat die NG-kerk `n ware kerk van Jesus Christus is.
As ons egter na die grondwaarhede van ons geloof terugkeer, moet ons kyk na verlossing en die kern van die Bybelse boodskap. Die kern van dié boodskap is God se liefdevolle handelinge met die mens.
Oor God se onpeilbare liefde vir die mens lees ons reeds vanaf die eerste bladsy van die Bybel. Uiteindelik gee God self die oplossing vir ons sondelas deurdat Jesus daarvoor kom sterf. Oor die eeue heen het mense dikwels plustekens by Jesus se verlossing bygesit.
Verskillende voorbeelde van verlossing is: Jesus plus geld, kerkbywoning, wettissisme, kinder/groot doop, volksverband, taal, wat gesing word ensovoorts.
Ons kan natuurlik enigiets byvoeg, maar die punt is dat verlossing slégs Jesus Christus is. Geen plusse nie.
Die oomblik wanneer ons `n plus byvoeg, ontneem ons natuurlik Jesus se volkomendheid as offer vir ons sonde. Waaroor behoort dit dus te gaan?
Die verkondiging van die blye evangelie van Jesus se offer as verlossing van ons sonde. Leerstellinge soos die doop, of die nagmaal en wie daaraan mag deelneem ensovoorts, vorm myns insiens nié die kern van die Bybelse boodskap nie en verander dus nie aan die feit of ek verlos is of nie.
As dit doop sou wees, en dan `n spesifieke doop met `n spesifieke hoeveelheid water, dan sou die man langs Jesus aan die kruis egter uitvind dat hy toe nié saam met Jesus in die paradys is nie.
Die doop, groot sowel as klein, is `n teken wat God vir ons gee om ons swakheid en kleingeloof tegemoet te kom. Dit voeg niks by by Jesus as Verlosser nie.
Op die Regterstoel gaan God nie vra wie is hoe gedoop nie, maar of Jesus as Verlosser aanvaar is. Ek sou dus eerder wou sien dat gelowiges hande moet vat, verdeeldhede en rusies oor “melkkos-sake” los – want dit is sonde (Gal. 5:19-21) – en meewerk aan die koms van die Koninkryk van God in hierdie land.
So sal ons meewerk aan die verhoring van Jesus se gebed in Joh.17:11, 21: “Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees. …
Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.”
onlangse kommentaar