Archive for the 'Algemeen' Category

26
May
12

The Spear of the Nation

Brett Murray se veelbesproke skildery van Jacob Zuma (JZ) is nou al amper holrug gery.  Dog, ek verstom my oor hoe verskillend die skildery geïnterpreteer.

Aan die een kant, kry jy die groep wat Brett Murray afmaak as ‘n rassis.  Iemand skryf dat dit ‘n tipering is van ‘n beheptheid van swart mense met seks; asof hulle “primieval” drange en gebruike seksueel geinterpreteer moet word (interressant, in ‘n groepsbespreking kon die groep swart studente egter nie verduidelik waarom piepie in die openbaar oraait is as daar so ‘n hoë agting/respek vir die swartman se “spear” is nie).   Persoonlik klink dit eerder of Gillian Schutte ‘n Freudiaanse issue met “size” het, en terloops, dis nie so groot geskilder nie!  Wat die grootte nou met rassisme en die witman se skynbare lae selfbeeld op hierdie gebied met die saak te doen het, sal niemand kan verduidelik nie – nie eers Gillian kan nie.  ‘n Volgende vat dit nie sover terug nie, maar beklemtoon ook ‘n skynbare wit rassistiese siening van swart mense wat ten diepste die basis vorm vir hierdie skildery.   Uit die swart pers is dit uit en uit rassisties – hulle toon geen begrip vir die sosiale kommentaar wat Brett Murray wou oordra nie

Aan die ander is daar diegene wat meestal ‘n saak het met die “uithang-spear” en konsentreer op die spraak-vryheid van die pers en kunstenaars.  Natuurlik is elke reg gekoppel aan ‘n verantwoordelikheid en teen-regte.  Netsoos iemand die reg het om te sê wat hy/sy wil, is daar die verantwoordelikheid om nie die reg daarmee van iemand anders te ontneem nie.  Iemand het dit so gestel: die skildery kan hoe waar wees, maar dit tas sy eer aan “dignity” aan wat ‘n basiese menslike reg is.

Dan is daar Brett Murray self: in sy affidavit wat hy ingedien het in die hofaansoek sê hy dat hy geensins ‘n rassis is nie.  Trouens, hy was ‘n lid van die ANC en het selfs deelgeneem aan die “struggle“, maar dat hy intussen ontnugter geraak het in die ANC het wou met die skildery kommentaaar lewer.  Volgens hom gaan dit dan nie oor die “spear” nie, maar oor die patriargisme, die “wegkyk” van die leier van die ANC op die pleit van die arme en onderdrukte.  Iewers het ek ook gelees dat baie min mense eintlik die dieper boodskap regtig verstaan.

Die vraag wat egter ook by my opgekom het was: waarom was daar geen soortgelyke reaksie op Ayanda Mabulu (LOL, sy naam beteken direk vertaal, die Afrikaners is besig om uit te brei) se skildery wat eweneens JZ (onder andere) se “spear” op krukke (omdat dit oorwerk is) ten toon gestel het.  ‘n Swart skrywer meen dit is omdat swart kuns nie ernstig opgeneem word nie; dat mense dink swartes nie in staat is tot so ‘n vlak van satiriese kuns nie.  Nou, as dit nie tipies rassisme is nie, weet ek nie.  Ek reken egter dat daar ‘n ander rede daarvoor is; of, ek kan ook dan vanuit ‘n wit perspektief dieselfde raskaart gooi en sê; dis omdat dit deur ‘n swarte geskilder is, dat niemand beswaar gehad het nie, maar omdat Brett Murray se skildery deur ‘n witte geskilder is, is daar bohaai.  M.a.w., as jy swart is, kan jy nie ‘n rassis wees nie; net wit mense is rassiste (so het iemand dit woord-vir-woord eendag aan my verduidelik).  Nou dis natuurlik, in my opinie, niks anders as pure snert nie.  Swart mense is meer-en-meer geneig tot rassisme.  As ‘n swart die K-woord gebruik, is dit OK maar behoede die witman….

So, waar staan jy want ek sit tussen 2 vure: aan die een kant dink ek ook dat die skildery ietwat te vêr gegaan het met die “spear“, onsmaakvol.  Maar aan die ander kant, veral as die dieper betekenis verduidelik word, maak die skildery almeer sin.

&&&

Verwysings:
Net ‘n paar wat ek gelees het, google gerus vir meer opinies

  1. The president’s penis - Gillian Schutte
  2. The ANC’s best friend
  3. Defacing race and culture : the spear and politics of represnetation
  4. The polarising penis
  5. The president who became a joke
  6. Brett Murray
  7. Spare us the schoolboy satire
  8. ANC’s thin skin
  9. Zuma and the right to dignity
13
Feb
12

Social Media in die erediens!?

Ek het onlangs geblog oor twitterende dominees n.a.v. ‘n M-skripsie van Mirte Martinus.  Dié skripsie het my bewus gemaak van die groot rol wat twitter onder Nederlandse dominees speel, tesame met die rol wat twitter gespeel het tydens die pas afgelope Alg Sinode van die NGK.  Nou begin ek almeer hardloop met die gedagte!  Hoe kan Social Media oral gebruik word?  Kan Social Media in die erediens ‘n rol speel?  Waar en hoe?  Hoe kan ‘n gemeente Social Media gebruik in sy kommunikasie strategie?  Kom ons dink ‘n bietjie hieroor – koements welkom!

LOL, voordat ek hierdie blog kon klaar skryf, kom ek op hierdie blog af.  Beter wou ek dit nie sê nie, so ek volstaan met hierdie blog:

Net vir al diegene wat koement het dat selfone asb. by die huis moet bly….ek dink daar is baie voordele om wel, sommer tydens erediens te blog/fb.  Dit laat my in elk geval beter konsentreer want ek wil die kern van die preek raak vat. 

Verwysings:

  1. Mirte Martinus
  2. Twitterende ds blog
  3. Societas blog
  4. Artikel

***

12
Feb
12

“Parenting” in die Sosial Media-wereld….

Ek het nog altyd geweet lande en kulture verskil.  Ek meen, ons is anders as die Grieke, of Jode of Engelse…..ja, daai “tipies Joodse” manier van besigheid doen is mos nou net eie aan Jode.  En Indiërs….daar is darem maar net een groep mense wat so kan “cook”… So, ja, ons verskil maar ek het wragties nie besef dat ons SO verskil van die Amerikaners nie; dat ons, myns insiens, op 2 verskillende planete woon.

Lees aan ‘“Parenting” in die Sosial Media-wereld….’

30
Jan
12

kleur kleur kleur! wanneer gaan ons mense sien?

El gaan nou nie ‘n lang blog plaas nie; somme rmaar net my frustrasie lug oor ons ou landjie te veel KLEUR sien; en te min mense….aan alle kante.

Lees aan ‘kleur kleur kleur! wanneer gaan ons mense sien?’

28
Jan
12

simplistic bible interpretation – the bible made impossible

Iemand het my gevra om hierdie artikel te vertaal…so here goes!

Because I have already been in situations where I had to re-think the “traditional” easy answers to difficult life questions, the Book of Christian Smith drew my attention.  Often, well-intentioned believers, try to comfort people with words that simply do not comfort; words like: God picked this flower for His garden (at the death of a child).  To the parents, that is no consolation….if He is the Creator, then why did He had to take my child.  Couldn’t he just CREATE a flower?  Does He need a garden if the whole earth and all its beauty belongs to Him, was created by Him? 

Lees aan ‘simplistic bible interpretation – the bible made impossible’

01
Jan
12

2011 in review

The WordPress.com stats helper monkeys prepared a 2011 annual report for this blog.

Here’s an excerpt:

A New York City subway train holds 1,200 people. This blog was viewed about 6,400 times in 2011. If it were a NYC subway train, it would take about 5 trips to carry that many people.

Click here to see the complete report.

30
Dec
11

SAners se Bestuursvermoë

Ek lees vanoggend kouevuur se blog “Die pad terug en die GP-blond“.  Dit het my sommer geïnspireer om ook my frustrasie te lug oor die flippen bestuursvermoëns van te veel SAners.

Lees aan ‘SAners se Bestuursvermoë’

06
Dec
11

Inhoud van ons geloof

Ek is nogal ‘n voorstaander daarvoor dat die inhoud van ons geloof duidelik gedefinieer, verwoord moet word.  Want dis in ‘n sekere sin maklik om te sê ek glo…..maar presies WAT glo jy?  Soos ‘n Nederlandse teoloog, Bram Tack, in Kerk Informatie skryf: “Christelijk geloof staat of valt met de inhoud“.  So, wat is die inhoud van ons geloof?

Lees aan ‘Inhoud van ons geloof’

19
Nov
11

Belhar Belydenis 2

Die Belhar belydenis sal vir die volgende paar maande baie relevant wees, veral soos wat gemeentes en lidmate daaroor sal wil weet, gesprekke daaroor gaan plaasvind en ander daaroor beswaar gaan maak.  Ek sien dat dit ook al meer relevant raak in ander Gereformeerde kerke oor die wêreld; die Nederlanders is met Belhar besig, die Amerikaners, die Kanadese.

Lees aan ‘Belhar Belydenis 2′

06
Nov
11

Hoekom tweet dominees? Or anyone for that matter

Die pas afgelope Sinode sitting van die NG kerk, en die ongelooflike rol wat twitter gespeel het tydens dié sitting, het my weer laat wonder oor die rol van twitter in die kerk en vir dominees.  Die Sinode se voortuderende tweets oor besluite, oor gebeure tydens die sinode was ‘n wonderlike medium om ons gewone lidmate intyds ingelig te hou.   Dit kan ‘n soortgelyke rol speel in ‘n gemeente se kommunikasie strategie!

Lees aan ‘Hoekom tweet dominees? Or anyone for that matter’




Voer jou epos adres in om in te skryf tot hierdie blog en jy sal kennis kry van my nuwe blogs

Join 59 other followers

almanak

Mei 2012
M T W T F S S
« Mar    
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

wie dink saam

Blog Stats

  • 19,067 hits

argiewe

tags


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 59 other followers