Brett Murray se veelbesproke skildery van Jacob Zuma (JZ) is nou al amper holrug gery. Dog, ek verstom my oor hoe verskillend die skildery geïnterpreteer.
Aan die een kant, kry jy die groep wat Brett Murray afmaak as ‘n rassis. Iemand skryf dat dit ‘n tipering is van ‘n beheptheid van swart mense met seks; asof hulle “primieval” drange en gebruike seksueel geinterpreteer moet word (interressant, in ‘n groepsbespreking kon die groep swart studente egter nie verduidelik waarom piepie in die openbaar oraait is as daar so ‘n hoë agting/respek vir die swartman se “spear” is nie).
Persoonlik klink dit eerder of Gillian Schutte ‘n Freudiaanse issue met “size” het, en terloops, dis nie so groot geskilder nie! Wat die grootte nou met rassisme en die witman se skynbare lae selfbeeld op hierdie gebied met die saak te doen het, sal niemand kan verduidelik nie – nie eers Gillian kan nie. ‘n Volgende vat dit nie sover terug nie, maar beklemtoon ook ‘n skynbare wit rassistiese siening van swart mense wat ten diepste die basis vorm vir hierdie skildery. Uit die swart pers is dit uit en uit rassisties – hulle toon geen begrip vir die sosiale kommentaar wat Brett Murray wou oordra nie
Aan die ander is daar diegene wat meestal ‘n saak het met die “uithang-spear” en konsentreer op die spraak-vryheid van die pers en kunstenaars. Natuurlik is elke reg gekoppel aan ‘n verantwoordelikheid en teen-regte. Netsoos iemand die reg het om te sê wat hy/sy wil, is daar die verantwoordelikheid om nie die reg daarmee van iemand anders te ontneem nie. Iemand het dit so gestel: die skildery kan hoe waar wees, maar dit tas sy eer aan “dignity” aan wat ‘n basiese menslike reg is.
Dan is daar Brett Murray self: in sy affidavit wat hy ingedien het in die hofaansoek sê hy dat hy geensins ‘n rassis is nie. Trouens, hy was ‘n lid van die ANC en het selfs deelgeneem aan die “struggle“, maar dat hy intussen ontnugter geraak het in die ANC het wou met die skildery kommentaaar lewer. Volgens hom gaan dit dan nie oor die “spear” nie, maar oor die patriargisme, die “wegkyk” van die leier van die ANC op die pleit van die arme en onderdrukte. Iewers het ek ook gelees dat baie min mense eintlik die dieper boodskap regtig verstaan.
Die vraag wat egter ook by my opgekom het was: waarom was daar geen soortgelyke reaksie op Ayanda Mabulu (LOL, sy naam beteken direk vertaal, die Afrikaners is besig om uit te brei) se skildery wat eweneens JZ (onder andere) se “spear” op krukke (omdat dit oorwerk is) ten toon gestel het.
‘n Swart skrywer meen dit is omdat swart kuns nie ernstig opgeneem word nie; dat mense dink swartes nie in staat is tot so ‘n vlak van satiriese kuns nie. Nou, as dit nie tipies rassisme is nie, weet ek nie. Ek reken egter dat daar ‘n ander rede daarvoor is; of, ek kan ook dan vanuit ‘n wit perspektief dieselfde raskaart gooi en sê; dis omdat dit deur ‘n swarte geskilder is, dat niemand beswaar gehad het nie, maar omdat Brett Murray se skildery deur ‘n witte geskilder is, is daar bohaai. M.a.w., as jy swart is, kan jy nie ‘n rassis wees nie; net wit mense is rassiste (so het iemand dit woord-vir-woord eendag aan my verduidelik). Nou dis natuurlik, in my opinie, niks anders as pure snert nie. Swart mense is meer-en-meer geneig tot rassisme. As ‘n swart die K-woord gebruik, is dit OK maar behoede die witman….
So, waar staan jy want ek sit tussen 2 vure: aan die een kant dink ek ook dat die skildery ietwat te vêr gegaan het met die “spear“, onsmaakvol. Maar aan die ander kant, veral as die dieper betekenis verduidelik word, maak die skildery almeer sin.
&&&
Verwysings:
Net ‘n paar wat ek gelees het, google gerus vir meer opinies
onlangse kommentaar