28
Feb
14

Die Pukke / Heil Hitler bohaai

Ek het tot nou toe nie kommentaar gelewer op die Beeld se storie oor die Pukke nie (Koshuise verannwuder hul groet), maar met die bohaai en Afrikaners se oor-reaktiewe laer-trekkery (sien Flip Buys se brief aan Tim du Plessis en kommentaar), wil ek kommentaar lewer.

Wat is dit tog met ons Afrikaners? Hoekom ‘verafgod‘ ons alles wat met Afrikaans en Afrikanerskap tedoen het (wel, so vóél dit). As iets nie werk nie, of nie goed is nie, is dit niks minder as reg dat ons dit verander nie – ons is immers kinders van die reformasie!  Ons voorvaders het hierheen gekom omdat hulle vervolg is onder die reformasie.

Nou maak almal asof ‘n Heil groet aan ‘n klomp “snotneus skoolverlaters” niks doen nie. Maar aan die ander kant, vir wat? Is dit ‘n assosiasie wat ons wil behou? Ek wed jou as ‘n versameling jeug amandla wys, krap dit ‘n klomp Afrikaners om; om nie eers te praat van die “struggle liedjies” nie.  Is “Heil Hitler” so anders?  Ja, nou sal daar weer baie wees wat sê maar as hulle mag, hoekom mag ek nie.  Dis nie die punt nie is dit? Ons doen iets tog sekerlik nie om die ander te spite nie, doen ons?  En as jy wél, dan is dít waar die probleem lê. Dan verstaan ons nie ‘n duit van die bergpredikasie waarop die Afrikaner tog so graag roem nie.

Flip Buys maak ‘n helse issue hiervan; oor regering inmenging in Afrikaans; Adriaan Basson se skynbare persoonlike agenda ens.  Beeld is ‘n koerant en Adriaan Basson ‘n joernalis – hy gaan krap en dit oopkrap, en goed so ook.  Bou voort op dit wat Elof gedoen het om nie net Afrikaans te bevorder nie, maar alle tale en toeganklikheid, en Afrikaans (of liewer Pukke) sal nie gekelder word nie.  Maar hou aan om rassisties te wees; om uit te sluit en laer-te-trek en ek sal hulle nie kwalik neem as hulle optree nie.  Weereens, ons het ‘n rol te speel; speel dit!

Het iemand al ‘n studie gedoen of ontgroening goed is? Ek wil uit my ervaring (ek, my vrou, my kinders, familie en vriende is deur ontgroening) beweer dat ek eerder verwronge idees en ‘issues’ sien as goed. En deesdaae se ontgroening wat non-fisies moet wees is erger – meer emosioneel en sielkundig. Verder werk ontgroening op ou prinsipe soos o.a. lojaliteit jeens die koshuis, respek ens., maar weens koshuis beleide is daar geen lojaliteite jeens jou as inwoner nie.  As jy deur die ontgroening is, is daar geen waarborg dat jy as senior die voorregte gaan geniet waarvoor jy dan nou so kwansuis geveg het nie.  As die HK of koshuisvader nie van jou hou nie, is jy uit!

Die tragiese is: ek het met hierdie gedagtes gesit en gedink; is daar iets goeds aan Afrikaner-wees want wragties, as ek so rofweg terugdink, is daar maar blerrie min van Afrikaner-wees waarop ek trots is of wat ek as Christen wil behou.

Ek is tog eers ‘n Christen, dan ‘n Afrikaner.  Mag ek bid dat die Afrikaner sal hervorm om te wys wat regtig in ons steek – menswaardigheid, respek, ubuntu teenoor ALMAL, ook die nie-eie! Ek sê julle, die Afrikaner het van nature meer ubuntu in hulle as baie ander kulture wat ek deesdae beleef.  Kom ons beweeg weg van die ons-hulle kategorieë en maak ‘n verskil in Afrika!

Sien ook hierdie post en veral HVanNiekerk se comment.

Terloops, ek weet nie of dit aspris was nie, maar toe gaan staan en doen Hoërskool Nelspruit mos dieselfde verlede saterdag by die Laeveld se skole se interhoër.  Belaglik!

BhikUYuIYAA4hqV


0 Responses to “Die Pukke / Heil Hitler bohaai”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Voer jou epos adres in om in te skryf tot hierdie blog en jy sal kennis kry van my nuwe blogs

Join 149 other followers

almanak

Februarie 2014
M D W D V S S
« Jan   Apr »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
2425262728  

wie dink saam

van waar gehasi…

Flag Counter

Blog Stats

  • 41,489 hits

argiewe

tags


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 149 other followers

%d bloggers like this: