21
Jun
11

wapenrusting van God

Ek lees vanoggend weer die wapenrusting van God (Eff 6:10 – ) en raak toe mos net weer opnuut bewus van hierdie lewe wat ons as gelowiges leef, en die stryd wat ons voer! Die duiwel loop voorwaar rond soos ‘n brullende leeu, opsoek na iemand om te verslind, op soek na mense wie se lewe hy kan verwoes; iemand wie se getuienis hy kan stilmaak.

Maar pasop! Laat ons nou nie te haastig wees om ‘iemand’ aan te wys as ‘die duiwel’ nie; iets wat ons so maklik doen, en dikwels ook so graag wil doen!  As dit nie ou Robert is wat die ‘666’ is nie, dan soek ons iemand plaaslik – van wie daar natuurlik baie is wat daardie rol met sukses sal kan vertolk!  Nee, ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose geeste in die lug, teen elke mag, gesindheid, onwetende ‘mind’ wat die duiwel misbruik in ander se lewe (Eff 6:12).

Maar God dank, ons stryd is nie vergeefs nie. Eerstens weet ons dat Jesus die duiwel reeds oorwin het – Sy opstanding het die laaste wapen wat die duiwel oorgehad het, vernietig (1 Kor 15:55-57). Hy is nou soos ‘n rukkende dier wat op die grond lê en die ‘laaste asem uitblaas’.

Tweedens het God aan ons die toerusting gegee om ons te beskerm teen hierdie laaste skoppe.  2 Pet 3 is hiervan seker die mooiste:  “Sy Goddelike krag (die Heilige Gees) het ons alles gegee wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien“.  Met die wapenrusting van God, en die teenwoordigheid van “Sy Goddelike krag” – die Heilige Gees, kan (móét) ons hierdie geveg  veg.  Die wapenrusting lyk so:

  • Gordel van waarheid – spreek waarheid in alle omstandighede, die waarheid maak jou vry om te kan “hardloop”.  Die gordel het die soldate van daardie tyd in staat gestel om hulle “rokke” hoër vas te maak om meer gemaklik te kan beweeg.  Ons kan nie die geveg veg, sonder die waarheid nie.  Jesus is die weg en die waarheid….  Soos die belt soldate paraat gemaak het en dinge “in plek gehou het”, so maak die waarheid ons paraat.  Ons kan net hierdie geveg veg in waarheid, teenoor die leuen van die duiwel.  Waarheid suiwer ons motiewe en gedagtes, om in alle opregtheid te wandel…
  • Harnas van geregtigheid / vryspraak – beskerm jou hart en belangrike organe.  Die oortuiging en vaste geloof dat ons vrygespreek is deur God op grond van Jesus se verdienste, maak ons “bold” om met vertroue die geveg te betree want ons lewensbelangrike organe word beskerm deur hierdie vaste wete.  Dis uit genade aan ons gesken en daarom het ons die reg om voor God te staan en in Sy geregtigheid hierdie geveg te veg.  Die mees amazing van hierdie wapenrusting is die feit dat dit ook die duiwel se aanklagte teen ons afweer.  Die duiwel herinner ons gereeld aan ons sonde en kla ons aan – God spreek ons egter vry in en deur Jesus Christus!
  • Skoene van bereidheid – verkondig die evangelie in elke geleentheid.  Ons moet nooit vergeet nie – die Evangelie is die evangelie van Goeie Nuus aan die verlore wêreld.  Nooit mag ons prediking, woorde verlore mense verder veroordeel nie (wat in elk geval nie ons werk is nie, laat alle oordeel aan God oor…).  Daarom moet ons die bereidheid in ons hart hê om die evangelie, die verlossing waaraan ons deel gekry het, met alle mense te deel (ja, ook ons vyande).  Dit is die skoene aan ons voete…
  • Skild van geloof is bedoel om AL die aanvalle (brandpyle) van die duiwel af te weer.  Geloof is ‘n gawe van God!  Geloof in God en sy beloftes maak dat ons staande kan bly.  Geloof help ons om die duiwel se leuens af te wees; geloof in God, in sy beloftes, in wie Hy is.
  • Helm van Verlossing – beskerm ons kop, intellek, rasionele denke.  Die helm verseker dat ons gedagtes, “reasoning” gerig is op God en die dinge daarbo…  Dit help ons om reg te dink oor God, oor Sy wêreld.  Spreuke sê mos: soos jy dink so is jy.  Ons denke bepaal ons hele lewe, so as ons reg dink…..
  • Swaard van God se woord – as jy moet terugveg, nie met wapens nie maar met die Woord van God.  Die Woord, gedra deur die kragtige werking van die Heilige Gees, is ‘n kragtige wapen in die hand van God teen die bose!  Hoe het Jesus die duiwel “beveg” in die woestyn?  Deur die Woord…  Ken die Woord van God, dis ons aanvalswapen!

Dít liewe leser, moet ons biddend, smekend elke dag aantrek. Dan sal die duiwel ons (of ons gedagtes) nie op sleeptou neem om elke hoek en draai nie.

 

sien ook…


2 Responses to “wapenrusting van God”


  1. 11/10/2014 om 10:25

    No matter if some one searches for his vital thing, so he/she
    wishes to be available that in detail, thus that thing is maintained over here.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Voer jou epos adres in om in te skryf tot hierdie blog en jy sal kennis kry van my nuwe blogs

Join 183 other followers

almanak

Junie 2011
M D W D V S S
« Mrt   Jul »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

wie dink saam

van waar gehasi…

Flag Counter

Blog Stats

  • 43,816 hits

argiewe

tags

top klieke

  • Geen

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 183 other followers

%d bloggers like this: