06
Nov
09

News Update

Jinne maar wat ‘n week vir die voorblaaie!  Joost, Jurie, Jacob (Maroga), Jobbie (sorry, Robbie), J(ch)uene …

Joost: jip, nou pop daar natuurlik agter elke bos ‘n meisie op wat ook die gaatjie in Joost se onderbroek gesien het.  Dis asof dit ‘n status simbool geword het – wys jou net hoe vêr ons geval het met morele waardes!  Ek’s nog laas daar waar ek, as ek so ‘n meisie sou wees, so geshurrup het!  Dat ek in ‘n buite-egtelike verhouding betrokke was….. Ai! 

Ek onthou destyds met Naas, wie ook in die nuus was oor … meisies, wat anders!  Skielik het daar talle meisies opgeduik wat beweer het hulle loop met sy kind rond.  Seker gedink daar’s ‘n geldjie, of dalk bietjie roem in die bloed!  Arme Amor!  Maar as sy dit kan regkry, sal dit tog wonderlik wees as hierdie huwelik kan hou – ek glo nog steeds kinders het albei geslagte ouers nodig in hul ontwikkelingstadia!  En die “verklikkers”?  Is julle nou “happy”?   Mag dt nie jul ”claim to fame” in jou lewe wees nie!  Dis nie dat ek sê daar was nie ander meisies wie deur die gaatjie in die onderbroek gespeel het nie!  Dis net so ironies/jammer dat meisies dink dis cool!  Ons wag maar en sien hoe hulle eendag voel wat Amor vandag voel?  Moet dan nie kwaad wees nie want, … die wiel het maar net gedraai! 

Jurie & Robbie: Wel, die man is nog nie skuldig nie, maar flip… ek sal nie by so ‘n saak selfs as ‘n getuie wou wees nie!  Hoe lyk dit my Jurie probeer maak asof dit alles in die oopte gebeur het, amper soos “consenting adults“.  Am I missing something here, but Robbie was not an “adult”!?  En dit maak alles natuurlik so totaal onwettig!  Maar weereens, hoe laag kan ons nog gaan as dit alles OK is as “consenting adults“.  Ag, miskien is ek net besig om oud te word!

Jacob Moroga: Jip, hoog tyd dat hy gaan.  Kan hy nie dalk ook gevra word om sy R3 mil/jaar bonus óók terug te gee nie?  Daarmee kan ons darem ‘n hele paar armes se elektrisiteitsverhoging volgende jaar borg!  Dalk selfs ‘n hele klein township!

Chuene:   En hy’t gedink dis so edel om te lieg!  Wel, gelukkig gaan ons nie só laag nie, want dis nou juis daaroor dat hy gefaks is (dankie Louis Luyt).  Net jammer dat Caster soveel moes deurgaan voordat die ASA-slimmes tot verhaal gekom het.  Arme Caster 

Ander:  Daar’s nog talle ander stories die week wat ewe belangrik sou wees om te noem. 

In al die gevalle was daar slagoffers.  Arme Amor & kids, Hestrie & kids, Caster, SA-ners!  Mag ons net leer uit so ‘n week se drama – soos Tim du Plessis skryf, as jy nie in die nuus wil wees nie, moenie goed doen wat jou daarin gaan plaas nie.  En o ja, moenie dink jy gaan dit weggesteek hou nie.  Dit het die nare gewoonte om iewers eendag op te duik.  En is dit nie amazing nie (dalk eerder skrikwekkend) , dikwels op ‘n tyd en plek waar jy dit die minste kan bekostig!


1 Response to “News Update”


  1. 09/11/2009 at 08:19

    Hahaha…. En weet jy wat val my op…. Almal mansmense wat so aanjaag! ;)


Leave a Reply




almanak

November 2009
M T W T F S S
« Oct    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

wie dink saam

Blog Stats

  • 3,970 hits

argiewe

tags