16
Sep
09

pas aan… of boggerof

Fagga lo spade…. 

As ons voorsate gevlug het SA toe, hoekom vlug die wittes wat nie kan of wil aanpas, nie terug na hulle land van herkoms nie?  OK, as jy dan nie kan nie, maak vrede met…


4 Responses to “pas aan… of boggerof”


  1. 17/09/2009 at 04:22

    HIerdie is my land van herkoms! Ek hardloop nie weg nie ek probeer ‘n beter toekoms vir my kinders bou. Ek is nie naief nie, jy hoef nie ‘n genius te wees om te sien ons ALMAL is op die afdraande pad nie! Wanneer gaan jy wakker skrik? Wanneer jou 14jarige dogter voor jou verkrag word? Of jou bejaarde ma verbrand word met ‘n strykyster? Of wanneer jou vrou geskiet word in ‘n hi-jack en die ambulans kom eers na 40min daar en sy maak dit nie?
    Ek is nie negatief nie, eks REALISTIES.

  2. 17/09/2009 at 10:16

    my vrou is al gehijack; maar ek is en bly ‘n optimis. As ek glo in die krag van die Heilige Gees, kan ek nie anders nie! Mense, dinge, situasies KAN verander.

    En intussen kan ons groeie. Paulus en die dissipels het vir geen oomblik maanskyn en rose gehad toe hulle die NT geskryf het nie; vol hoop!

  3. 17/09/2009 at 14:49

    Ek stem, ek hèt hoop en ek glo dinge Kan verander MAAR dit beteken nie dat ek nie die probleme sien wat voor my is nie. Ek kyk na die probleme en ek sien dit, en ek kan beter keuses maak omdat ek nie in ‘n hoekie wegkruip nie, maar die dinge kan aanpak.

  4. 4 vraagteken
    24/09/2009 at 12:10

    My voorgeslagte het vanaf Frankryk in Suid Afrika aangekom, vir redes wat aan hulle saak gemaak het op daardie tydstip. Ek het geen keuse in dit gehad nie, en politieke issues van dekades terug het ek ook geen insaak in gehad nie. Ek was nogal altyd van die opinie dat die ou spreekwoord, leef en laat leef moes geld. Ek het my bes probeer om dit uit te leef in my sake belange an persoonlike omgang met enige van die volke in Suid Afrika. Ek weet en besef maar altegoed dat n mens n prys betaal vir wat n mens se voorsate aangevang het, maar wat ons nou het, is maar net n situasie van betaal die prys. Enig iemand kan sien dat ons op n afdraende pad is, en die RSA sal lyk dit my dieselfde pad loop as meeste van die ander Afrika lande. “Boggeroff” is nie n opsie nie want n mens is hier gebore, n mens is n burger ens. Maar dit is ook so dat dit maar bra moeilik is as n mens vir n werk aansoek doen, en die beste mens nie noodwendig die werk kry nie. Dit is ook so dat die polisie nie by alles wat verkeerd gaan kan uitkom nie, en die gevolge is elke dag in die pers. My vraag is egter, wat is die plaaslike oplossing ??


Leave a Reply




almanak

September 2009
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

wie dink saam

Blog Stats

  • 3,967 hits

argiewe

tags