Archive for May 23rd, 2009

23
May
09

Prokureurs vs Bankiers

Daar word altyd met die prokureurs gespot as ‘n beroep wat, soos die kameel en die naald t.o.v die hemel is :) .  Maar ek het nou besluit dié posisie behoort aan BANKIERS te gaan.  As ek my nou nie misgis nie, het Tito Mboweni nou al reeds 2 maal die repo koers verlaag terwyl die banke NIE saam gespeel het nie – natuurlik nie, omdat hulle nie hul inkomstevlakke wil laat verlaag nie.  M.a.w., hule is die enigste sektor wat in die huidige “credit crunch” geen crunch voel/het nie!   Elke bank kyk of die ander gaan verlaag; en as niemand beweeg nie, dan verlaag niemand nie.  Of, hulle bel mekaar onderlangs en sê “ons gaan nie verlaag nie, as julle ook nie”.  Dis niks anders as ‘n kartel nie; ‘n poloponie!

Mooi vir Tito wat die banke gister (hopelik) bietjie vasgevat het.  Dis tyd dat hulle die voordeel deurgee aan ons.  En dan vat hulle nog huise en karre by mense weg wat dit DALK kon gemaak het as die rentekoerse verlaag is!

Ek hoop ek is verkeerd.  Is hier enige bankiers hier?




almanak

May 2009
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

wie dink saam

Blog Stats

  • 3,970 hits

argiewe

tags