Archive for May 8th, 2009

08
May
09

Christina Landman op MMC 09

Ag tog, ek hoor vanmiddag Christina Landman se kommentaar op die Mighty Men Conference op Kyknet se WDS.

Nou vir wat sou Tim du Plessis haar vra.  In wie se boekies is sy ‘n gesaghebbende dat ons na haar opinie salwil luister of sou wou omgee.  Oor die jare het sy haarself met haar kommentaar gerelativeer.

Vanmiddag het sy sinies en skepties haar bekommernis gedeel oor hoekom dit dan nou ‘n geslagtelike ding moet wees, oor hoekom sy dan nou nie ook daar kon wees nie; oor die gevaar dat die mans weer die patriargale “base” in hul huis egaan word.  Weereens het sy gewys hoe min sy eintlik verstaan.

Aan Tim du Plessis (en alle joernaliste).  Wie jul vra om kommentaar te lewer dui die rigting waarin jul die gesprek wil laat gaan!  Vir goeie debat, is dit goed om alle spektrums te dek.




almanak

May 2009
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

wie dink saam

Blog Stats

  • 3,860 hits

argiewe

tags

Top Clicks

  • None