Archive for April, 2009

30
Apr
09

Msholozi (Zuma)

mnr.muller blog oor die redes waarom hy happy is met Zuma.  Self kon ek nog nie meegesleur word met al die wittes se besware oor Zuma nie; miskien omdat ek, een van enkele wittes, saam met 150 of wat zulus werk en ek heeldag die “ander kant” se storie hoor.  Self dink ek hy moet ‘n kans gegee word.  Hy is dalk net beter as uhmbedjie; niemand sal ooit madiba klop nie.

En oor die wapenskandaal – ek wil nog sien wie het nie gescore uit daardie deal nie?  Om een of ander rede dink ek almal was skuldig.  Hoekom target hulle net ‘n paar.  In elk geval, sover ek weet, is daar oral sulke kickbacks beskikbaar; in die ou bedeling, onder maatskappye, in ander lande.  Maar hier by ons, is dit die oersonde.

Nee wat, kom ons vergeet die verlede en kyk hoe lei msholozi ons.  Hy’t in elk geval ‘n baie sterk ondersteunings team rondom hom.

29
Apr
09

Opwindende seks?

So ‘n paar blogs gelees; jy weet, soek hier iets, neem jou na ‘n ander blog, dan na ‘n ander… en so “lead one thing to another“.  En toe kom ek op hierdie artikel/site wat ek reken, beslis die moeite werd is om te bêre vir future reference

Continue reading ‘Opwindende seks?’

27
Apr
09

plaasjuppie

lekker inskrywing van plaasjuppie hier met my kommentaar hieronder.

Continue reading ‘plaasjuppie’

26
Apr
09

Ai, die DA

Ek hoor oor die TV Helen Zille se nabetragting, in gesprek met Freek Robinson.  En sommer net daar bevestig sy waarom ek nie van die DA hou nie.

Continue reading ‘Ai, die DA’

21
Apr
09

Verkiesing 2009 #2

Ons stem more in ons 4de demokratiese verkiesing.  Ten spyte van vele wat nie goed is nie, bly dit ‘n wonderlike nuwe fase waarin ons is.  Persoonlik, komende van iemand wat grootgeword het in apartheid, vir ‘n wyle lid was van die veiligheidspolisie, is ek nie vir een oomblik spyt oor die nuwe SA nie.  Trouens, ten spyte van alles wat al die politieke teenstaanders die afgelope paar weke vir ons opgedis het (en meeste is inderdaad waar), wil ek nie vir ‘n dag terug gaan na pre 1990 nie.  Dit was vir my ‘n neerdrukkende gemeenskap, en interressant genoeg, net so angstig as nou.  Toe was dit terrorisme, nou is dit misdaad.

Continue reading ‘Verkiesing 2009 #2′

20
Apr
09

oor STILTE

Dominees doen deesdae (ten minste in ons gemeente) ‘n nuwe ding waarvan ek baie hou en wat ek dikwels self doen as ek preek – om stilte te gee; doodse stilte vir ‘n laaaaang ruk.

Continue reading ‘oor STILTE’

06
Apr
09

In gesprek met ‘n Moslem

You are a muslim although you self-profess that you’re more of a world-religion person, open to other religions as to where they “meet” each other.  You agree on some Christian “things”, but have a problem with other “things”.  Maybe its just misunderstanding of words, ideas!

Continue reading ‘In gesprek met ‘n Moslem’




almanak

April 2009
M T W T F S S
« Mar   May »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

wie dink saam

Blog Stats

  • 3,860 hits

argiewe

tags

Top Clicks

  • None