12
Feb
08

Ek is getag… 10 dinge wat my knorrig maak

wagnbietjie het my getag.  Hier is my 10 dinge, nie noodwendig in volgorde nie.

  1. Bible bashing – ek haat dit as mense jou in ‘n “double binding” plaas.  Dis wanneer jy, dikwels met teksverwysings, voor ‘n situasie gestel word waar jy nie een van die 2 keuse wil of kan uitvoer nie; met die noodwendige gevolg dat jy dan “skuldig viir God” staan.  Soos byv: almal moet sendingwerk doen; as jy nie “gaan” nie, is jy nog geestelik onvolwasse…   Dis nie so eenvoudig nie!
  2. ‘n Moralistiese erediens.  Jy stap daar uit onvergenoegd en sonder geestelike kos vir die week.
  3. As mense nie hul “plekkie in die son” gegun word nie.  Ons is nie almal dieselfde nie; ons hoef ook nie te wees nie.  Eenheid beteken nie eendersheid nie!
  4. Mister “All-knowers”.  Mense wat dink/voorgee hulle weet alles oor elke onderwerp en sommer ook elke nou-en-dan intjip met ‘n, dikwelse sinnelose opmerking, net sodat jy sal weet hy weet presies waarvan jy praat.
  5. ‘n Man wat koud en afsydig teenoor sy vrou optree in die openbaar – asof sy manlikheid ‘n knou gaan kry as mense sien hy ‘n “sagte plekkie” vir haar.  Komaan manne, dis ‘n Goddelike opdrag om jou vrou lief te hê; nie omdat dit lekker is nie (dit ook), maar omdat jy moet!
  6. Rasisme, seksisme, al daai “ek is beter as ander” -ismes, want dit werk op vooropgestelde idees oor iemand o.g.v. geslag, godsdiens, kleur of kultuur.  Omdat jy wit is en lid is van die NG Kerk, is jy nie noodwendig ‘n rasis nie.  Omdat jy glo in die Bybel, is jy nie noodwendig ‘n fundamentalis nie.  Omdat jy swart is, is jy nie noodwendig ‘n dom misdadiger nie.  Omdat jy ‘n man is, is jy nie noodwendig ‘n chauvinis nie, omdat … ens
  7. “Jump to conclusion”.  Hoor my uit; kom ons praat en probeer mekaar verstaan.  Moenie te vinnig aanvaar wat jy gehoor het, is wat ek bedoel het nie.
  8. Onreg.  Ek haat onreg; maak nie saak wie teenoor wie nie.  Ek haat onreg.  En tog aanvaar ek dat die lewe onregverdig is.  Maar ons hoef dit nie teenoor mekaar te doen of aan te moedig nie, ons moet juis instrumente wees wat dit uitroei, ten minste dan onder ons invloedsfeer.
  9. Swak diens wanneer ek betaal vir ordentlike diens – soos die hotel waar ek onlangs gebly het vir R800/aand sonder aandete, en te min skoon messegoed by ontbyt.  Of wanneer ek swak diens kry by ‘n “waiter” en hy/sy verwag dat ek 10% moet tip.  Jy kry daai “kyk”; sommige vra sommer direk; ander sit dit sommer self by die rekening!  Gelyk hiermee is as ek dan die vark van die verhaal is omdat hulle swak diens gelewer word.
  10. En laastens: As ek 120 km/h op die snelweg ry, ook haastig is werk toe, en ‘n padgebruiker glip in die 2 sek’s volgafstand in, en die volgende, en die volgende en die volgende…  Of hy/sy jaag op jou stert af dat jy jou nek begin styf maak vir die botsing, en ry dan so naby dat hy sekerlik in jou gaan vasry as jy net jou voet van die petrol afhaal.  Dit terwyl hy kan sien daar is ook motors voor my, en voor en voor.  Of glo hy dat hy die reg het om almal na links te manipuleer sodat hy “eerste” kan wees?

Daar’s myne.  Nou tag ek ander!


1 Response to “Ek is getag… 10 dinge wat my knorrig maak”


  1. 15/02/2008 at 17:23

    Ek hou van jou nommer 5. Jou nommer 10 is ook een van my pet peeves. Ek ry nie op iemand se agterent nie en die oomblik as iemand in glip, dan doen ek…


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s


Voer jou epos adres in om in te skryf tot hierdie blog en jy sal kennis kry van my nuwe blogs

Join 59 other followers

almanak

February 2008
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
2526272829  

wie dink saam

Blog Stats

  • 19,067 hits

argiewe

tags


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 59 other followers