Ek het ‘n post geskryf wat verdwyn het…en is nou glad nie meer lus om dit weer te doen nie.
Kortliks, ek bly vir die week in die hotel wat’n mens na freddy MERCURY laat dink (in Randburg), maar die diens en fasiliteite is belaglik, teen ‘n ewe belaglike hoe prys! Geen aandete word voorsien nie – jy eet uit ‘n boks van die nabygelee OceanBasket. Restaurant is nie sleg nie, maar vrek ek wil nie elke aand op my bed sit en uit ‘n boks eet nie!
Hotel het 300+ kamers, wat toe gisteraand almal vol is met toeriste. Maar die ontbyt kan omtrent net 60 mense vat… en daar arriveer die 300 toeriste omtrent gelyk (want hulle bus vertrek 8 uur). Dus, geen sitplek, geen skoon messegoed en ‘n lang tou by die eier. Mense het selfs in die foyer gesit.
Wat my laat dink het. Hoekom het jy 300 kamers maar kan nie vir hulle “cater” nie. Gebeur seker nie baie dat al 300 vol is nie – dis seker die dilemma van hotelle – maar wat gaan hulle 2010 doen (as dit nog aan is)?
0 Responses to “Knorrig”