Archive for Januarie, 2008

30
Jan
08

Vrede met God

Het hierdie mooi grafix gekry wat bekering baie eenvoudig, maar duidelik grafies uitbeeld:

God wil graag ons Vader wees…
  Joh 3:16
God se plan met ons lewe
Maar sonde veroorsaak onvrede tussen ons en God
  Rom 3:23
Ons probleem - skeiding met God
Die eg menslike reaksie is om self te probeer (goeie werke, kerk bywoning, geld, humanisme ens)
  Jes 59:2
Ons oplossing - self probeer
God se oplossing is egter Jesus Chrisus
  1 Tim 2:5  Hand 4:12
God se oplossing - Christus
Resultaat is VREDE MET GOD
  Joh 1:12  Rom 10:9
Vrede met God

Teksverwysings uit Die Bybel  : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (electronic ed.) Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

29
Jan
08

Belydenisskrif .: Quia vs Quatenus :.

BelijdenisEk is ‘n rukkie gelede gevra of ek die quia of quatenus standpunt huldig t.o.v. die belydenisskrifte van die kerk.  Ek antwoord toe die quia standpunt.  Aangesien sekere artikels deesdae anders geinterpreteer word, het dié gesprek ‘n vuurtjie aangesteek om weer oor dié onderwep te gaan oplees.  Ek het gewonder oor die volgende vrae:

Lees aan ‘Belydenisskrif .: Quia vs Quatenus :.’

28
Jan
08

Sit af die ligte

Die “Eskom” minister, Alec Erwin vra dat ons ligte sal afsit.  Kan hy dalk sy regering vra om dit te doen!!!  Beeld (28/01/2008) het op die voorblad ‘n foto gepubliseer van Pretoria se regeringsgeboue se ligte wat volstoom werk deur die nag. 

Pretoria in die Nag

Hulle werk nie eers deur die dag nie, vir wat wil hulle lig in die nag hê!

28
Jan
08

ESKOM-nie-die-mas-op-nie (excuse the pun)

Na gisteraand se verdoemende CarteBlanche verslag, is ek nog meer bekommerd. Ek’t gedog dis maar die regering se 1998 besluit om nie te investeer in Eskom nie, wat nou die power shedding tot gevolg het. Dit het m.i. inderdaad ‘n groot rol gespeel, maar Carte Blanche het gisteraand ook vir ons gewys dat daar nog ander oorsake is. Lees aan ‘ESKOM-nie-die-mas-op-nie (excuse the pun)’

26
Jan
08

Geloof, God en die kerk

Ek het vanoggend nou ‘n knorrigheid hier binne-in my. 

 Ek lees nou al elke dag die afgelope week hoe mense gal braak oor God/godsdiens, die kerk, gelowiges en dominees.  Natuurlik is dit elkeen se reg, maar bestaan die blogosfeer dan nou net uit anti’s.  Waar’s dié wat net soms ‘n bietjie kan opkom vir die bogenoemdes.  Wel, God het natuurlik nie nodig dat ons vir Hom hoef op te kom nie, maar hopelik verstaan julle wat ek bedoel…

Lees aan ‘Geloof, God en die kerk’

25
Jan
08

Afrikaans op WikiPedia

Ek lees op Matthew Buckland se web dat Jimmy Wales, stiger van WikiPedia, in SA gepraat het oor sy nuwe projek.  Wat my veral geintereseer het was die volgende aanhaling aan die einde:

South African languages still small on Wikipedia

Wales said the biggest South African language, excluding English, was Afrikaans with only 8 000 entries. The other South African languages were small with a mere 107 entries in Zulu or 78 posts in Xhosa.

24
Jan
08

Leierlose Suid-Afrika

Ja, so lees ek Llewellyn Kriel se blog oor sy indrukke van die formidabele Madiba.  Ek moet sê, ek sou graag die man wou ontmoet.  Na “Long walk to Freedom“, het ek ook die idee gekry dié man is in ‘n klas van sy eie.  Lees gerus Kriel se blog hier. Lees aan ‘Leierlose Suid-Afrika’

23
Jan
08

My bLog herdoop

Ek het vandag my blog se naam en beskrywing verander.  Was sommer net lus om ‘n bietjie minder boring te wees as die dag toe ek die blog begin het.  Was al wat ek toe aan kon dink (My eKerk).  Daar is egter ‘n ander rêrige eKerk, en ek dink nie net oor kerk-wees nie.

Nou is dit my philosophia.  Het nog altyd daarvan gehou om te dink, en te redeneer, en te krap.  Nie dat ek noodwendig al die “skills” hiervoor het nie (my filosofiese studente-pêlle het my gereeld ore aan gesit :->), maar tog lekker.  Toe onthou ek ook vir René Descartes: cogito ergo sum .  Descartes se argument is gebou op die instantiation beginsel:

Lees aan ‘My bLog herdoop’

20
Jan
08

Steve Hofmeyr

Ek lees in die Beeld van 19 Januarie 2008 onder die opskrif: “Hofmeyr te warm vir PNA” die volgende oor Steve Hofmeyr se nuwe boek, Jêmbekseep:

‘n Aanhaling uit dié boek, wat PNA van hul rakke afgehaal het, klink so:

‘Het God nie self die doodstraf ingestel nie?’, vra jy. Ja, Hy’t ook skulpvis en gays verdoem, stout kinders laat stenig, kinders deur bere laat opvreet, Sy Seun vermoor en, met voorkennis, ‘n wêreld geskep waarop Bart Simpson sou kon verbeter. Dan stuur hy Sy Seun om ons te verlos van dieselfde ding wat ons nie goede maak nie, sonde. En is Mugabe, hongersnood, kinderverkragters en die Midde-Ooste die beste waarmee ‘n Almagtige vorendag kan kom?”

Lees aan ‘Steve Hofmeyr’




Voer jou epos adres in om in te skryf tot hierdie blog en jy sal kennis kry van my nuwe blogs

Join 59 other followers

almanak

Januarie 2008
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

wie dink saam

Blog Stats

  • 19,067 hits

argiewe

tags


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 59 other followers