10
Dec
07

“Die klug van Dwaalleer”

Pieter Labuschagne skryf in die kerkbode se Internetbriewe (Die klug van dwaalleer) die volgende:

Nou wil ek graag weet hoekom König so dramaties teen dwaalleer in die kerk optree en veral teen Professore van UP? Hy is die groot ”kleindoop-man” van die NG Kerk, maar hy het my 84 percent gegee vir ‘n taak wat lynreg in stryd staan met al die boeke wat hy al geskryf het. Beteken dit dat hy met my siening saamstem en dus twee uiteenlopende standpunte oor die doop handhaaf? Of beteken dit dat hy my die vryheid gegun het om anders as hy te dink oor die Bybel? Ek wil hom en die res van die EI uitdaag: hoekom gun julle nie die UP Professore dieselfde vryheid nie?

Broer, jy gee die antwoord self. prof König het dan gesê hy sal jou werkstuk weeg en beoordeel, nie op grond van jou standpunt nie, maar hoe jy jou standpunt beredeneer. Is dit nie presies wat die taak is van ‘n akademiese instelling nie? Nie om jou eenders te laat dink nie, maar om jou te leer om te verduidelik (en te oortuig) waarom jy so dink. Maar om dit te gebruik as rede/bewys dat dwaalleer gebruik kan word om teologiese studente toe te rus, is ‘n bietjie wyd gevat!

Ek is eerder ‘n voorstaander daarvoor dat die Teologiese fakulteite by die Universiteite hulle verbondenheid met spesifieke kerke moet verbreek om sodoende dan bloot ‘n toerustingsbron van teologie te word. Dan kan alle kerke, selfs geloofsgroeperinge en godsdienste hulle studente daarheen stuur vir die eerste gedeelte van hulle studies – algemene godsdiensonderrig. “Dwaalleer” kan dan hier vryelik geleer word.

Wanneer die graad in Teologie verwerf is, kan elke kerk/godsdiensgroepering hul eie reëlings tref hoe hulle voornemende dominees/pastore/agente gespesialiseerd toegerus moet word. Tydens hierdie 2de fase kan die kerk dan spesifieke reëls/leringe neerlê wat vir hulle ononderhandelbaar is.

Iets soos in die ou-ou dae in die NGK, voor die NGK en die regering boeties geword het (:->) . Toe het voornemende NGK dominees hul voorgraads studies aan ‘n universtiteit voltooi en daarna “Kweekskool” toe gegaan. Die Kweekskool was ‘n kerklike-struktuur wat onafhnaklik van ‘n universiteit gefunksioneer het, en wat kerk-spesifieke opleiding verskaf het.

Ek reken: ons is nou weer daar!


3 Responses to ““Die klug van Dwaalleer””


  1. 15/12/2007 at 15:53

    Die feit dat kerke nog ‘n inspraak in die personeelbeleid of akademiese inhoud van teologie fakulteite aan openbare universiteite het, is nie sinvol nie. Het enigiemand al ooit gehoor farmaseutiese maatskappye skryf aan dosente voor wat aan mediese fakulteite onderrig kan word? Of dat bosboumaatskappye die fakulteit bosbou verbied om omgewingsgesindes op hul personeel aan te stel?

  2. 2 swartwitpens
    16/12/2007 at 13:46

    Stem saam! Daarom my pleidooi vir “kerk-spesifieke” opleiding wat nie aan ‘n universiteit gedoen word nie, maar by so ‘n kerk se eie “kweekskool”.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s


Voer jou epos adres in om in te skryf tot hierdie blog en jy sal kennis kry van my nuwe blogs

Join 59 other followers

almanak

December 2007
M T W T F S S
« Sep   Jan »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

wie dink saam

Blog Stats

  • 19,067 hits

argiewe

tags


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 59 other followers