Ek het my B.Th verhandeling gedoen oor kerkeenheid waarin ek veral Belhar bestudeer en bespreek het. Nou, dit was baie jare gelede. Miskien het my geheue bietjie vervaag, maar defintief het die SA waarin ons bly intussen baie verander; wat natuurlik onvermydelik ons interpretasies inkleur. Lees aan ‘Belhar, o Belhar!’
Archive for December 10th, 2007
Belhar, o Belhar!
“Die klug van Dwaalleer”
Pieter Labuschagne skryf in die kerkbode se Internetbriewe (Die klug van dwaalleer) die volgende:
Nou wil ek graag weet hoekom König so dramaties teen dwaalleer in die kerk optree en veral teen Professore van UP? Hy is die groot ”kleindoop-man” van die NG Kerk, maar hy het my 84 percent gegee vir ‘n taak wat lynreg in stryd staan met al die boeke wat hy al geskryf het. Beteken dit dat hy met my siening saamstem en dus twee uiteenlopende standpunte oor die doop handhaaf? Of beteken dit dat hy my die vryheid gegun het om anders as hy te dink oor die Bybel? Ek wil hom en die res van die EI uitdaag: hoekom gun julle nie die UP Professore dieselfde vryheid nie? Lees aan ‘“Die klug van Dwaalleer”’
Geloftefees
Dis al weer sulke tyd en “Afrikaner” feeste word oraloor op spesiale “geloftefeesterreine” gereël. Ek moet erken, ek was nog nooit op so ‘n spesiale fees met ossewa, kuier en die gelofte nie. Ek moes weliswaar al gereeld op geloftedag preek.
Ek is elke jaar dié tyd in ‘n tweestryd, want aan die een kant laat almal jou voel asof dit jou plig is om hierdie feesterreine by te woon; ten minste natuurlik geloftedag. Lees aan ‘Geloftefees’
onlangse kommentaar