Die Kerkbode rapporteer onlangs dat die GKSA hul ‘n dwarsklap gegee het rondom voortgaande ekumeniese verhoudinge en dat dit nou slegter gaan as ooit tussen die twee kerke. Blykbaar oor die “gevaar” van dwaalleer wat deur die verhouding met die NGK in die GKSA kan insluip. Toegegee, dit is ‘n bietjie “far fetched”; ek meen, die GKSA het immers genoeg “wagters op die mure” wat dit sal kan voorkom….maar tog; tog het ek gevoel: NGK, julle het mos nou daarvoor gevra! Dis mos nou gewoon die konsekwensie van ‘n twyfelagtige ondersoek-proses tydens die Ferdi Muller-sage; die konsekwensie van uitsprake en boeke wat deur vooraanstaande teoloë van die NGK geskryf word waaroor die kerk as liggaam dood stil is; te veel vreemde stemme uit die kerk. Te veel mense het gewonder oor die geldigheid van die ondersoek; van “buddies’ wat mede-”buddies” ondersoek, ens. En ons ken mos maar die ou gesegde: “waar daar ‘n rokie is, is daar mos maar ‘n ou vuurtjie wat broei“.
om te mag twyfel?
Ek lees onlangs twee ouerige artikels oor Fundamentalisme, (nr 1 en nr 2) wat toe ook weer hul kop uit steek in ‘n vurige gesprek op die Kerkbode se FB blad. Hoewel die artikels vanuit ‘n goeie wetenskaplike aanslag geskryf word, was ek tog getref deur die eensydige vertrekpunt van beide skrywers. Trouens, dit het my net weer laat besef hoe ‘n persoon se vertrekpunt alles bepalend is, selfs al gebruik jy van die beste wetenskaplike metodologie in jou beredenering – jou vertrekpunt gaan die uitslag bepaal. Wat jy wil bewys, gaan/kan jy bewys. Geen wonder dat die post-modernisme teenoor die modernisme verklaar dat daar geen absolute waarhede is nie; selfs nie in die wetenskap nie (en ironies genoeg is so ‘n stelling ‘n contradictio in terminus, want dit maak ‘n “absolute” stelling dat daar geen absolute waarheid is nie). ‘n Stelling is alleenlik waar in die baie spesifieke omgewing waarin ek dit getoets het, maar dit kan ‘n baie subjektiewe omgewing wees. Hierdie twee artikels het my net weer laat besef dat ons pens en pootjies binne-in die post-modernisme staan.
Lees aan ‘Fundamentalisme – grootste bedreiging vir die kerk. Regtig?’
2011 in review
The WordPress.com stats helper monkeys prepared a 2011 annual report for this blog.
Here’s an excerpt:
A New York City subway train holds 1,200 people. This blog was viewed about 6,400 times in 2011. If it were a NYC subway train, it would take about 5 trips to carry that many people.
Ek is besig met ‘n boek wat my aandag getrek het omdat ek self al voor situasies gekom het waar ek besef het….die tradisionele “antwoorde” op etiese- en lewensvrae van goed-bedoelde gelowiges, werk eenvoudig nie! Onlangs het iemand ook my raad gevra op dinge wat mense vir hulle gesê het wat bedoel was as troos by die dood van hulle broer; dinge wat eenvoudig nie troos nie. Die boek, The Bible made Impossible, deur Christian Smith betoog dit: dat “American-Evangelicals”, Biblisiste die Bybel só interpreteer dat dit uiteindelik simplistiese antwoorde gee wat die Bybel se waardigheid aantas.
Die Woord van God
Ek lees vanoggend die Bybel op my Smart Phone (Slim Foon) terwyl ek nog snoesig in die bed lê, en net voor ek af sit, vang my oog iets op die onder-ent van die skerm.
SAners se Bestuursvermoë
Ek lees vanoggend kouevuur se blog “Die pad terug en die GP-blond“. Dit het my sommer geïnspireer om ook my frustrasie te lug oor die flippen bestuursvermoëns van te veel SAners.
Everything Works Together for our good (Rom 8:39): “And we know that in all things God works for the good of those who love Him” ….this is such a well known cliché that sometimes we do not recognize the enormous promise contained in it.
The will of God
Without doubt, one of the most difficult things about being a Christian is to find, understand and know the will of God. But in a certain sense, it is not all that difficult. As I understand it know… (and this is definitely not the final word about it, for we can never stop thinking about it and discussing it), there is an “easy” and a “difficult” side to knowing the will of God.
I have been asked to translate some of my blogs. So here comes…..
At present I am reading a book entitled “Om uit genade te leef” by Malan Nel, which is a great blessing and comfort to me. I (we all) struggle to forgive ourselves. Actually, we also struggle to forgive others! I have often wondered what connection there is between these two.
Wanneer is Jesus regtig gebore?
Daar is verskeie weergawes van wanneer Jesus nou regtig gebore is…..maar origens aanvaar meeste mense dat Jesus nie noodwendig 25 Desember gebore is nie. Sommige (meesal Israel-waarheid aanhangers) meen egter dat 25 Desember nie heeltemaal so ‘n neutrale datum is nie, maar eintlik afkomstig is van ‘n heidense fees en daarom vier diegene nie kersfees saam met die res van die wêreld nie.

onlangse kommentaar